Wat is OntLaer?

OntLaer is 'n Afrikaanse aanlynpublikasie wat ontstaan het uit 'n behoefte aan stadige, deurdagte joernalistiek— oftewel “sloernalistiek”. In 'n tyd van geraas, oppervlakkigheid en gejaagde nuussiklusse, wil ons 'n ruimte skep vir nadenke, betekenisvolle gesprek en inhoud wat nie in 'n ideologiese laer vasgevang is nie.

Ons is nie hier om menings voor te skryf nie. Ons is hier om die laer oop te maak, om geleentheid te bied vir gesprek, verdieping, en blootstelling aan uiteenlopende oogpunte.

Teken in om volle toegang te verkry.

Wanneer en hoe publiseer ons?

  • Ons volg 'n “semi-weekblad” formaat. As intekenaar sal jy elke tweede Vrydagoggend vroeg 'n volledige uitgawe in jou inboks ontvang.

  • Elke alternatiewe Vrydag sal jy 'n kleiner nuusbrief ontvang met minder inhoudsverwysings.

  • Elke volledige uitgawe en nuusbrief bevat 'n opgawe van die week se inhoud met hiperskakels wat na die artikels lei.

  • Volledige uitgawes bevat ook opsommings van wêreldnuusgebeure en inhoud van buite ons publikasie wat die redaksielede opmerklik vind.

  • Elke tweede Donderdag plaas ons die spesiale “DinkWeer Donderdag” hersiening van die vorige week se artikels deur 'n aangewese redaksielid.

  • Van ons inhoud word rollend deur die week gepubliseer: Meld gereeld aan op jou Substack en wees op uitkyk vir vars inhoud om die leesspiere te laat werk!

Wat wil OntLaer bereik?

Ons doel is om:

  • Die voordele van 'n laekoste, leser-gedrewe aanlynpublikasie te benut.

  • Inhoud te publiseer wat dwarsoor die politieke en filosofiese spektrum strek en 'n gemeenskap van lesers te bou wat sinvol, hoflik en nuuskierig aan gesprekke deelneem.

  • Om stadiger, rasionele meningsvorming te bevorder deur sloernalistiek eerder as onmiddellike reaksie.

In 'n landskap waar Afrikaanse media geldelik en inhoudelik onder druk verkeer, wil OntLaer beide 'n nuwe model en 'n nuwe uiteenlopende redaksionele uitkyk aanbied.

Stuur vir ons jou meningstuk

OntLaer is oop vir bydraes van vryskutters, denkers, akademici, studente en gewone lesers. As jy 'n goed-geskrewe stuk het wat die OntLaer-gees van hoflikheid, nadenke en insig weerspieël— stuur dit gerus aan.

Ons gee voorkeur aan stukke wat nie bloot preek nie, maar wat bydra tot gesprek. Die ideaal? 'n Nuwe perspektief, met respek en deurdagte insig aangebied.

Stuur jou stuk (tussen 1000 en 3000 woorde) na: redaksie@ontlaer.co.za.

Hoe help jou intekening?

Deur in te teken op OntLaer:

  • Help jy om onafhanklike, advertensievrye inhoud moontlik te maak.

  • Dra jy by tot die voortbestaan van deurdagte Afrikaanse meningsvorming.

  • En word jy deel van 'n gemeenskap wat waarde heg aan insig bo instink.

Intekeninge maak dit vir ons moontlik om inhoud aan te bied wat nie gedryf word deur kliek-tellings nie, maar deur dieper waarheidsoeke.

Wie is betrokke?

OntLaer is tans 'n onafhanklike projek deur 'n groep Afrikaanse skrywers, denkers en joernaliste wat glo daar is 'n ander manier om media te doen. Ons wil nie net sê wat ons dink nie— ons wil ook dink oor wat ons sê.

Die projek word gedryf deur beginsels, nie belange nie. 'n Volledige redaksionele riglyn word stelselmatig ontwikkel, soos ons groei en vanuit beginsels vervat in ons aanvangsnuusbriewe. Intussen nooi ons jou uit om saam met ons te dink, lees, en skryf.

User's avatar

Subscribe to OntLaer

OntLaer is ’n Afrikaanse aanlyn publikasie wat die media- en meningskrisis takel met sloernalistiek, oop debat en inhoud wat dwarsoor die politieke spektrum strek—vir lesers wat sinvol, hoflik en met bedagte meningsvorming wil deelneem.

People

Daniël is a South African attorney who gives legal advice by day and unsolicited opinions by night. Writes about law, liberty, and what keeps society decent.
Co-editor / Mede-redakteur: OntLaer. Regsgeleerde & meningsvormer / Lawyer & polemicist. Based in Johannesburg, South Africa.
Ou siel in 'n nuwe wêreld.
Ontleder, entrepreneur en sakekonsultant van die Paarl.