Lezli, ek het dit nou-eers te lese gekry. Dis 100% ook my waarneming. Tewens, ek het dit met al die baie FENOMINALE Afrikanervroue in my lewe gedeel. Hul mans wat Afrikanermans is, sal ook in my opinie met my saamstem (in hul eerlike oomblikke!) dat jy die spyker op sy kop slaan. En glo my, ek het nou al twee maal se eerstehandse ervaring van 'n Afrikanervrou in my huwelikslewe (het my eerste Afrikanervrou ongelukkig aan kanker moes afstaan) en ek het geen twyfel dat jy hul rolle raakvat nie. En dan het ek oor die meer as dertig jaar in my beroepslewe ook die voorreg gehad om daardie spesiale spesie (Afrikanervrou) van nader te beskou. Uitnemendheid en veelvuldigheid in die sin wat jy beskryf, het my bykans sonder uitsondering opgeval wat hul rolvervullings in ons samelewing aanbetref het. En hulle het my omtrent altyd as Afrikanerman laat voel dat hulle nie onderdanige rolspelers hoef te wees nie, maar ook nie probeer het om my te ontman nie! Ek salueer ons fenominale Afrikanervrouens...
Maria, dalk moet jy reageer op wat die skrywer geskryf het eerder as net klomp modder gooi en persoonlik beledig? Gaan lees bietjie wat die mense by Ontlaer wil bereik. Hulle wil " 'n gemeenskap van lesers te bou wat sinvol, hoflik en nuuskierig aan gesprekke deelneem."
Jou kommentaar dra niks by tot die gesprek nie. Dit is net venynig.
Ja ek moes meer inskiklik gewees het maar ongelukkig beskryf die artikel 'n tipiese middelklas wit Afrikaanse vrou vanuit 'n feministiese agtergrond, en wat afrikaanse media lees, en daardeur beïnvloed word.
Wit Afrikaanse vroue is nie 'n homogene groep nie maar individue met heelwat uiteenlopende leefwêrelde en baie diverse geleefde realiteite.
Hul selfbeelde word deur verskeie aspekte gevorm, nie net deur die beperkende idees van globale feminisme of 'n helaas eensydige plaaslike vrouemedia wat die mediaeienaar se filosofie, visie en politiek hekwag nie.
Sy is beslis nie meer "struktureel [...] vasgeheg [...] aan die nek van die volk wat die wil van 'die manne' ophou" nie.
Sy het juis "die patria[r]gale strukture van haar geskiedenis verbrand [...]" , omdat sy geen baat daarby gevind het nie of dalk bloot aanbeweeg het.
Sy dink baie selde aan mans of aan hul menswees. Sy is besig om rose te plant.
Sy het lankal Die Kerk bedank want sy glo nie meer nie. Sy is dalk geskei maar was al vòòr 1994 'n vrydenker.
Sy praat Afrikaans met haar Amerikaanse seuns, nie om haar taal en kultuur te versterk nie maar omdat die kennis van 'n tweede en derde taal goed is vir hulle. Afrikaans is net nog 'n taal.
Sy lees geen Afrikaanse media meer nie maar dalk die NY Times of Le Monde aanlyn. Sy restoureer 'n ou kar en behoort aan 'n motorklub. Sy is gelukkig getroud en het 5 kinders of is ongetroud met 'n kat.
Sy dra lankal nie meer die voorgeskrewe borsrok nie.

Wat 'n klomp stront. Die visie daar bo in die ivoortoring en met oogflappe aan is duidelik miöpies.