2 Comments
User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Lezli, jou navorsing en waarnemings word waardeer. My eie soektog via KI kon egter min navorsing identifiseer wat spesifiek Afrikaner/Afrikaanse mans betrek het om antwoorde te probeer kry met betrekking tot karakteristieke en mediagebruike en manlike beïnvloeding, behalwe die volgende: https://www.tandfonline.com/doi/full/10.1080/09589236.2025.2555448

Dit is resente navorsing, maar uiters beperk in terme van omvang en hoe verteenwoordigend dit was van die groter poel van "Afrikaner/Afrikaanse mans". Ek dink dit bevestig egter wel sekere van jou eie waarnemings.

Wat my veral opgeval het in my soektog, is dat so min navorsing oor die onderwerp gedoen is, wat my opgewonde maak oor die feit dat jy probeer dieper delf. As trotse Afrikaner/Afrikaanse man, is dit vir my belangrik dat ons as 'n "spesie" (😁) beter verstaan word en om onsself beter te kan verstaan vanuit objektiewe oogpunte. Daar is al soveel stereotiperings op ons "van toepassing" gemaak, dat ons dikweks self begin wonder wie ons werklik is! Ek het geen twyfel dat sommige gewilde stereotiperings (sommige deur jou ook gemeld) wel korrek is nie, maar daar is beslis ook baie wat totale versinsels is en bloot "woke" tiperings is wat bewapen word om 'n spesifieke kultuurgroep te diskrediteer. Dit gebeur selfs dikwels vanuit "eie geledere", meestal om eie skuldgevoelens te probeer besweer. Maar dikwels was die bewapening, en is nog steeds, die resultaat van doelbewuste, negatiewe narratief-skepping om die groep waarna ek verwys het "op hul plek te sit". Dit het vir 30+ jaar in 'n groot mate gewerk, maar daar is gelukkig nou 'n groot terugvegpoging. Die kamtige "goeie ouens" van die onlangse verlede (laaste 30+ jare), blyk toe nie sulke goeie ouens te gewees het nie. 'n Hoogs veralgemeende stelling natuurlik, maar ek is absoluut seker daarvan dat daar nou toenemend uitgewys en bewys word dat Die Nuwe Koning Naak is. Ekself ondersteun juis ook vir OntLaer deur middel van opiniestukke wat ek aanbied omdat dit ook 'n OntBlaar funksie vervul as publikasie: daar kan nie meer agter Adam- en Eva-blaarbedekkings weggekruip word nie. Erfsondes is nie net tot sekere groeperinge beperk nie...

lezli's avatar

Dankie Piet! Ek glo nogals dat stereotipeering eintlik ons maak wonder of ons in werklikheid so is.

Sosiologies help stereotiepes ons om ons eie kultuur waarteneem, of ons nou voldoen aan ‘n stereotiepe of nie, en of dit werklik ons kultuur vasvang sal altyd ‘n debat bly. Maar ek stem saam met jou, Afrikaners word gereeld onder ‘n negatiewe-stereotiepe-kam geskeer. Miskien is dit so vir ander kulture ook, ek kan net van my eie ervaring praat.

In die media sin, hardloop my denke altyd na hoekom ons (Afrikaanse) media met tye meer/minder inkoop in die stereotiepe. Vir beter verkope? Vir sterker bevestiging van die kultuur? Nie te min, bly dit belangrik om jouself in die media te erken/herken, ‘n standpunt wat ‘woke’ kultuur vir ons gegee het. Maar met die goeie kom die slegte ook, dat om ‘stereotipies te wees’ (gewoonlik) in negatiewe lig geplaas word.

Individualisme is nie iets wat ek voel die waarheid van Afrikaner (en weereens moontlik ander kulture) by baat nie, en dis tog wat woke kultuur preek. Uniekheid, eendersheid, net jy alleen en jou regte/verantwoordelikhede/nodighede/behoeftes/ens binne ‘n spesifieke identiteitskenmerk.

Rakende my onderwerp en hoe baie daar al na hom verwys is, vind ek dat navorsing oor die Afrikaanse kultuur altyd manlik is. Met ander woorde, wanneer daar oor die kultuur navorisng gedoen word, word daar baie maal net na die man gekyk. Ek dink feministiese navorsing oor Afrikaansheid het ons gehelp het om die onderskeiding te maak, en so moet ons met ‘n ‘manlikheid as onderwerp’ en nie as ‘manlikheid van selfsprekend’ bietjie bedink oor ons kultuur en haar (😉) stereotiepes.

Rakende leesstof, is Herman Wasserman vir my iemand wat Afrikaans wees verstaan en mooi verduidelik, in sy navorsing, poësie, en opiniestukke.

Hoop dit gaan goed, gesels weer!