Na mens jou artikel lees lyk dit na ‘n onbegonne taak om die staatsdiens te hervorm. Sal dit nie beter wees as die ANC aan bewind bly en die staatsdiens totaal in die grond ry en dat burgerlike organisasies die taak van die staat oorneem?
Skitterende gedagte, Bouwe. Ek dink egter ons staats-"diens" onder die ANC is reeds (meestal) in die grond in gery. Vir seker weet niemand hoe mens weer terug gedraai kry as mens eers verby die "point of no return is". Prof. Koos Malan het 'n goeie punt waarmee ek afgesluit het. Of dit uitvoerbaar is, is ek nie van seker nie. Daarom dink ek ook die burgerlike roete is die oplossing. Paralelle burgerlike selfregerings en enklaves. Laasgenoemde is egter net die heel rykstes beskore...
Bouwe, hierdie is uit vandag se The Common Sense van Dr. Frans Cronjé! Klink vir my of ek en jy die regte punt beet gehad het in ons kommentare...
"The most likely scenario for South Africa is that the central state is going to keep failing and get weaker, and that as it does so more and more communities will come to take over for themselves the things the state once controlled. That will happen across every sphere of society, as it already is, from resilient middle-class communities controlling their own water, electricity, education, healthcare, and security within self-contained private estates, to the zama-zamas of South Africa’s illicit mining industry taking over the shafts and tunnels that came to lie abandoned after the state nationalised mineral resources 20 years ago."
😁 Bouwe, in beide gevalle is “reg" die gemeenskaplike woord. Effens skrikwekkend om deur te dink in terme van BAIE MOONTLIKE konsekwensies en hoe ons daarop moet voorberei. Hier is die podsending van Frans met meer detail…
Dit beur as roetine in demokratiese regime veranderings. Dis bv 'n herhaling van wat gebeur het toe die NP oorgevat het in 1948 en sistematies begin het om Smuts se VP amptenare uit te werk. Hoekom is dit nou so snaaks hier?
Fanie, jammer vir die Engels, maar hieronder is my respons wat ek geskryf het na aanleiding van 'n Engelse kommentaar met 'n soortgelyke strekking. Dit was die manier waarop dit gedoen was. Dit was nie die "sistematies" soos in die tydperk waarna jy vewys nie. En daar was erge gemeenheid (rassisme). Dalk ook destyds in die tydperk waarna jy verwys, maar ek sal verbaas wees as dit op die onmenslike wyse gebeur het wat ek beleef het en oor geskryf het...
My own disillusionment is obviously reflected in my article. However, I would not have joined the ANC state administration if I did not also believe that they had the right intentions. After all, they employed me as a mlungu while desperately (and very over-hastily) pushing out other capable people, often on the basis of skin colour. It hurt me tremendously, since I (and the country!) lost very good skills — skills in people with the “wrong” skin colour who did not oppose the new dispensation, even though they did not like it. Those of “my kind” whom I discovered working against the new dispensation, I fired myself! But I followed due process and did not use tactics of belittling people in order to get rid of them. I also did not fire or push out people in degrading ways because they were unwilling to bend the rules or help comrades raid the people’s money
Piet, dis die verskil tussen ons: Jy beskou die traumatiese gevolge van mense se negatiewe ervarings onder apartheid as 'afwykende gedrag'. Terselfdertyd perpetueer jy en jou ander konserwatiewe kollegas die beweerde 'slagofferskap' van wit Afrikaners tans in SA openlik plaaslik en internasionaal. Dit ten spyte daarvan dat wit Afrikaners verreweg tans van die hoogste lewenspeile in die land geniet. Skaam jou!. Is dit nie die begin van 'n 'ewigdurende slagofferskap' in die kkonserwatiewe Afrikaner-prige soos die Jode tans onsuksesvol in Israel probeer voorgee hulle situasie is nie?
Klassieke liberale denke is in beginsel rassisties, gebaseer op die meerderwaardigheid van mense met beter opvoedkundige en inkomstevlakke. 'Meriete' in hierdie verouderde ideologie dui dus op koloniale manipulasie om dominasie oor ander te probeer behou, soos dit ook deur die ou PP en hulle opvolgers in SA toegepas is. Genadeglik het die DA daarvan weg begin beweeg, maar ongelukkig nog nie goed genoeg nie. Geen kriminele gedrag kan verskoon word nie, en ek doen dit ook nie.
Sekere beleidsrigtings van die ANC is onaanvaarbaar, soos hulle nepotisme, korrupsie, gebrek aan effektiewe misdaadbekamping, ens. Ek en ander beleidsbeinvloeders werk direk agter die skerms om dit te probeer omdraai of te verbeter. Ons is dus besig met pogings tot realistiese probleemoplossings gegewe bestaande politieke realiteite. Dit beteken dat liberaal-demokratiese beleidsverandering nie altyd realisties is vir 'n politieke party wat deur die NP gedwing is tot ekstreme teenoplossings nie. Ander ANC beleidsprogramme is uitstekend, soos die prioritisering van basiese dienste aan die 80% of meer van die bevolking in arm gemeenskappe van kleur wat deur die NP afgeskeep is.
Die geskiedenis is gelukkig aan my kant en ongelukkig nie aan jou kant nie..
Geen probleem nie, Fanie, ek het jou redenasies al baie gehoor. Té veel, om die waarheid te sê. Soos die Engelse uitdrukking sê, "let's agree to disagree". Die finale geskiedenis is nog lank nie geskryf nie...
Piet, is dit nie gerieflik om antwoorde op argumente waarvan mens nie hou nie, te ontduik deur eenvoudig te weier om daardie argumente te probeer weerlê en bloot te aanvaar om maar oor sulke sake te verskil?. Dis mos jou benadering hier. Ek antwoord redelik puntsgewys jou argumente, maar jy ontwyk myne. Waarom? Dalk omdat jy nie goeie teenargumente het nie? Of omdat jou uitgangspunte so wesentlik van myne verskil? As jy nie teen- of alternatiewe argumente het nie, is gesprekvoering mos net 'n mors van tyd en energie?
Piet, jy ignoreer duidelik die sielkundige impak van apartheid op mense van kleur. Daar is 'n emosionele wrewel by baie persone wat direk of indirek oor geslagte heen blootgestel was aan die negatiewe gevolge daarvan. Is dit nie 'n normale respons wat 'n mens moet verreken in jou analises nie? Dis net begrip en nie regverdiging vir optredes wat mens onder normale omstandighede moontlik sou verwag het nie? Jou gevolgtrekkings is 'rasioneel'-klinies en wys vir my 'n totale onbegrip oor hierdie gevolg van apartheid. Verklaar dit nie dalk ook die ongewone wreedheid wat teenoor wit slagoffers van misdaad gepleeg word deur sekere kriminele elemente nie?
Bevestig dit nie steeds die subtiele onderliggende rassisime in hierdie standpunte van jou en ander konserwatiewe Afrikaners wat oor hierdie sake skryf en ons historiese bevoorregting wil probeer perpetueer ten koste van ander histories-benadeelde rassegemeenskappe nie?
Ek hoor jou, Fanie, en daar is natuurlik meriete in wat jy sê, uit 'n sekere liberale oogpunt gesien. Maar om aan te hou om baie soorte afwykende gedrag te bly verdedig oor onregte van die verlede, hou darem naderhand net nie meer baie oorredingskrag in nie. Ek hoef jou nie die vele ander bekende voorbeelde te noem van groepe mense of nasies wat ook ontsaglike trauma beleef het nie. Hulle het egter nie aangehou om die trauma as verskoning te gebruik om vergrype te regverdig nie. Jy sal weet van die ewigdurende slagofferskap-sindroom. Dis gerieflik ten einde die lokus van beheer of die skuldlas dan altyd elders — en veral in die verlede — as regverdiging te gebruik vir duidelik oneerlike, onetiese en kriminele gedrag, soos wat dit endemies in ANC-geledere geraak het.
Ja, ek is konserwatief, maar terselfdertyd 'n proponent van klassieke liberale denke. Ek is pro-Afriforum en Lex Libertas, wat jou 'n idee sal gee dat ek ook soos Kallie Kriel en Flip Buys, Ernst Roets, ens. begin aanbeweeg het. Die debatte oor of apartheid 'n misdaad teen die mensdom was of nie, interesseer my op 'n akademiese wyse, maar dit doen niks vir my en ander behoudende Afrikaners en baie ander nie-Afrikaners wie se lewensgehaltes deur die ANC se uitgediende beleide gekortwiek en self heeltemal vernietig is nie.
Fanie, ek dink nie ons sienings is maklik of enigsins versoenbaar nie. Maar ek probeer desnieteenstaande 'n oop gemoed behou en hou van volwasse debatvoering. Max du Preez-tipe-denke kon my egter nog nooit oorhaal om anders te dink nie. En die ANC het een groot mishoop uitgedraai en is 'n verleentheid vir Suid-Afrika. Gelukkig is hulle op hul einde. So hard soos ek hulle probeer help het met Madiba se idee van gelykberegtiging vir alle rassegroepe, so kritiseer ek hulle nou vir die verskriklike verkragting van daardie waardes waaraan hulle onteenseglik skuldug is. Van rassisme gepraat, dis tragies dat die meeste rassisme wat ek deesdae sien nie noodwendig meer van die mlungus af kom nie...

Die vraag is: Is ons reg omdat Frans Cronje met ons saamstem OF Is Frans Cronje reg omdat hy met ons saamstem?
😁 Bouwe, in beide gevalle is “reg" die gemeenskaplike woord. Effens skrikwekkend om deur te dink in terme van BAIE MOONTLIKE konsekwensies en hoe ons daarop moet voorberei. Hier is die podsending van Frans met meer detail…
https://youtu.be/ZWoVPLcGvRo?si=idzl7RvWn3zksYHP

En dan beweer Kallie Kriel werklik dat apartheid nie 'n misdaad was teen die mensdom nie ten spyte daarvan dat dit teen alle rasse wat nie wit was nie, gemik was? (https://www.news24.com/southafrica/news/apartheid-was-not-a-crime-against-humanity-afriforum-ceo-20180514).