Mag ek vra? Jou persoonlike mening oor die gebruik van die anti-KI simbool kan ek nie aflei uit jou skrywe nie. Ek sou aanneem as 'n kunstenaar wat ook graag jou intellektuele goedere wil beskerm, sou jy hierdie tipe maatreëls verwelkom of dalk voel dat dit moet verskerp. Ek wonder net, en dit is vreeslik jammer, maar met meer regulering word kreatiwiteit ook beperk, is dit nie so nie?
Ek is glad nie gaande oor KI nie en heel konserwatief wat hierdie tipe dinge betref. Dit is egter een van daardie dinge wat hier is om te bly, lyk dit vir my en soos ons al tot vervelens toe gehoor het, moet ons dit maak werk. Het self ook al baat gevind daarby met opstel van dokumente in die regswêreld.
Dit alles net om te wonder of mens die regulering dalk uit 'n beker-half-leeg of beker-half-vol perspektief kan bekyk. Hiermee bedoel ek dat regulering eerder 'n positiewe aard moet aanneem wat die ontwikkeling van die veld sal ondersteun teenoor die negatiewe kansellasiekultuur. Ek mag dalk verkeerd wees, maar die anti-KI teken, soos jy tereg vermeld, het 'n etiese en simboliese boodskap. Is daardie boodskap 'BLY WEG' of is die boodskap 'WEES VERSIGTIG'. Dit is belangrik om hierdie boodskap reg te kry want indien dit 'n kansellasie-agtige 'BLY WEG' is gaan die gevolg dieselfde wees as sigarette. Die besigheid gaan blom!
Ek hoop my dinkdinge maak sin? Sal graag jou persoonlike mening wou hoor.
Hallo, Theunis! Dis 'n baie goeie vraag en ek brei graag my standpunt daarop uit.
Persoonlik is ek ten gunste van KI en die ontwikkeling daarvan. Talle van ons ontwerpprogramme het reeds KI-komponente wat die spoed van ons ontwerpsproses verhoog - dit beïnvloed dus my produktiwiteit, maar nie noodwendig my kreatiwiteit nie. Daar is 'n artikel op Ontlaer, Kunste in die era van Algoritmes, wat dit baie mooi uiteensit en verduidelik.
Vat byvoorbeeld Vincent van Gogh se wêreldbekende "Starry night". Waarom sal ek biljoene rande op die oorspronklike kunswerk spandeer as ek 'n prentjie gratis kan aflaai, uitdruk en raam? Behalwe vir die feit dat ek nie biljoene rande het nie, weet ek ook dat die oorspronklike waarde onbekostigbaar is. Dís waar massa produksie inkom en die waarde van 'n kunswerk kan verlaag. Daar is duisende afdrukke van "Starry night" maar net één Vincent van Gogh en net één Starry night - die prentjie wat ek uitgedruk het sal dus geen waarde vir ander hê nie, want ander mense kan dit ook aflaai, uitdruk en raam.
As ons na die anti-KI teken kyk, het dit die potensiaal om 'n kunstenaar se styl te beskerm en kunswerke se waarde te behou. KI is nie veronderstel om vir jou te dink nie, maar eerder om jou te help dink, omdat jy rééds aan iets gedink het en dís waarom ek nie dink dit sal jou kreatiewe denke beïnvloed nie, want kreatiwiteit maak staat op emosie en dis iets wat KI nie het nie. Die Anti-KI teken kan dus "bly weg" én "wees versigtig" beteken, want jy spreek nie noodwendig die gebruiker aan nie, maar óók die programming van KI en as KI 'n opdrag ontvang het om iets te beskerm, is die kanse baie goed dat die opdrag uitgevoer sal word. As mens dít in ag neem, is ek ten gunste van die Anti-KI teken en sal ek graag wil sien hoe 'n program teen sekere opdragte kan werk of selfs waarskuwings uitstuur met die doel om iemand se werk te beskerm. En indien 'n gebruiker daarin geslaag het om dit te ontduik, sê dit vir my dat die gebruiker teen KI gedink het en weereens kreatiewe denke toegepas het om die reëls te breek.
Laat weet gerus as ek nog kan uitbrei óf as ek dalk vanuit 'n ander hoekpunt moet kyk. Dit was vir my baie interessant om só daarna te kyk. Dankie!
Hilde

Vriendelike groete
Theunis van Staden
064 505 1568
Hallo, Theunis! Dis 'n baie goeie vraag en ek brei graag my standpunt daarop uit.
Persoonlik is ek ten gunste van KI en die ontwikkeling daarvan. Talle van ons ontwerpprogramme het reeds KI-komponente wat die spoed van ons ontwerpsproses verhoog - dit beïnvloed dus my produktiwiteit, maar nie noodwendig my kreatiwiteit nie. Daar is 'n artikel op Ontlaer, Kunste in die era van Algoritmes, wat dit baie mooi uiteensit en verduidelik.
Ek dink in hierdie geval waarna ons kan kyk is die kopiereg en trade mark simbole wat reeds 'n soortgelyke doel dien. As jou handelsmerk of ontwerpe geregistreer is en met simbole soos ™, ® of selfs © gemerk is, is dit onderhewig aan kopiereg en kán die eienaar regstappe neem wanneer dit nageboots word. Dit is ook waar dat baie mense hierdie simbole ignoreer en kanse vat. 'n Meederheid van ons weet dit. Kunsmatige Intelligensie weet dit egter nie noodwendig nie en voer opdragte uit op grond van inligting wat jy gee. Dís waarom dit, na my mening, nodig is om deur die stelsel KI aan te pas sodat plagiaat beperk kan word.