'n Redelike artikel, dankie vir die moeite., en jammer, ek kon myself nie help nie: Περιμένοντας τοὺς Bαρβάρους - J.M. Cavafy. Ek dink daar so 'n boek wat hy geskryf het wat Mbeki ook nie van gehou het nie.
Net vir interessantheid, Paul, ek het in die negentigs van die vorige eeu van tyd tot tyd met Joe Slovo te doen gehad, want hy was mos die land se eerste Minister van Behuising onder Mandela in die na-'94-bedeling. Tipies van baie revolusionêres, orals ter wêreld, was hy in praktyk nie naastenby so revolusionêr toe hy eers die werklikhede moes trotseer nie. Om die waarheid te sê, daar was niks van sy Marxistiese-Leninistiese onderbou in hom te bespeur terwyl hy praktiese besluite oor landsbelang moes neem nie. Ek was vrek bang vir hom aanvanklik, want die Vrees van die Here is mos in ons ingedryf destyds die ou bedeling oor Kommuniste en die Rooi Gevaar. Al wat ek egter ooit daarvan gesien het, was sy een rooi sokkie wat hy altyd gedra het. Regtig. Verder was hy ordentlik en bedees en was bereid om na ons as adviseurs te luister. Hy was tonne beter as enige van die Ministers van Behuising wat na hom oorgeneem het...
Genade, Paul, jou artikel is omtrent 'n kragtoer van monumentale omvang. Daar is soos jy sê, baie hieroor geskryf, maar jou eie skrywe staan vir my uit. Die omvattendheid van jou argumente spreek die groter probleem aan waarvan die Bokkieweek net 'n simptoom was, maar wat gelukkig nou die sweer laat oopbars het. Jou insigte gee goeie leiding aan diegene van ons - en ons is baie - wat gereeld gekonfoes word met al die anti-Afrikaner onsin wat voordurend in ons gesigte gevryf word; en die onwaar motiewe wat aan ons toegedig word omdat ons dit waag om te DÓÉN.
Goeienaand Piet, baie dankie vir jou saamlees! Dit is soos jy sê - dit gaan oor baie meer as Bokkieweek!