6 Comments
User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Hercules, dis baie waar in soverre implementering of praktiese oplossings as onveranderlik oor tyd gesien word. Mens wil egter eerder sien dat implementering voorafgegaan word deur ordentlike besinning, of verkieslik behoorlike navorsing oor die aard van die probleem wat aangespreek moet word en die bestudering van oplossings wat voorheen in soortgelyke gevalle suksesvol was, indien daar sulke toepaslike voorbeelde bestaan. Behoorlike implementering moet ook ’n terugvoerlus hê, wat deel van die projekspesifikasies moet wees. As dit behoorlik en tydig gedoen word, dan kan die spesifikasies van opvolgprojekte, of vir ander soortgelyke projekte, voorsiening maak vir “lesse geleer”.

Maar jy is absoluut korrek dat dit dikwels in praktyk nie gebeur nie. Klakkelose repetisies is meer die reël as die uitsondering. Daar is verskeie redes daarvoor, onder andere blote luiheid; arrogansie deur diegene betrokke, in die sin dat hulle hulleself oortuig het dat hulle “al die antwoorde het”; kostebesparing; en natuurlik ook blote verontagsaming van die goue reël om terugvoerlusse in projekte in te bou ten einde projektevaluasie ’n integrale deel van die proses te maak met die oog op voortdurende verbetering...

Hilde Kruger's avatar

Dis 'n interessante stuk. Dankie, Hercules.

Pieter's avatar

As pragmatisme dan ‘n probleem is wat is die antwoord?

Bouwe van der Eems's avatar

Om betekenisvolle verbetering van infrastruktuur te maak kan maklik 'n dekade neem. Die tyd wat 'n politikus kan verwag om in 'n uitvoerende posisie te bly is nie veel meer as een termyn nie. Dit is dus nie moontlik om betekenisvolle infrastruktuur projekte af te handel in een termyn nie. Politici is dus nie gemotiveer om sulke projekte aan te pak nie. Dit is dus onmoontlik vir 'n demokratiese bedeling om betekenisvolle projekte te doen nie.

Daniël Eloff's avatar

En tog het Stad Kaapstad tydens Geordin se eerste termyn presies die teenoorgestelde bewys. Met genoeg politieke leierskap en bekwame administrasie kan langtermyn-infrastruktuur projekte aangepak word.

Die Stad se infrastruktuurbesteding is die afgelope 5 jaar dramaties opgeskaal, met ’n driejaarprogram van sowat R40 miljard en ’n tienjaar-pyplyn van ongeveer R120 miljard, insluitend water, sanitasie, elektrisiteit, paaie, stormwater en die MyCiTi-uitbreiding na die Kaapse Vlakte.

Bouwe van der Eems's avatar

Jy noem Geordin Hill-Lewis as 'n voorbeeld om te bewys dat die teenoorgestelde waar is. Daar is egter teenargumente daarvoor:

1) Politici wat bekwaam is as politici en terselfdertyd ook bekwaam is in uitvoerende posisies is skaars soos hoendertande. Daar is legio voorbeelde van goeie politici wat dramaties faal sodra hulle in uitvoerende posisies kom. Dis my persoonlike opininie dat Geordin een van daardie hoendertande is.

2) Die kostes verbonde aan kapitaalprojekte word dadelik gevoel deur die inwoners in die vorm van hoer tariewe. Die voordele word eers veel later gevoel. As gevolg hiervan kan kapitaalprojekte veroorsaak dat jy 'n verkiesing verloor, en as jou opponent die volgende verkiesing wen kan die oponent die krediet vat vir die voordele van die projek. Dis die politieke risiko verbonde aan kapitaalprojekte.

3) Die DA regeer in Kaapstad met 'n gemaklike meerderheid. Geordin kon dus die risiko vat om politieke steun te verloor in sy eerste termyn om hopelik die wins in te palm in sy tweede termyn. As Geordin in 'n koalisie was, sou hy moontlik nie die groot kapitaalprojekte aangepak het.

As hierdie analise akkuraat is, verklaar dit hoekom die politieke leierskap in ander stede se kapitaalbegrotings so klein is. Dis vir die redes dat sommige filosowe motiveer dat die monargie weer ingevoer moet word. Suid-Afrika kan dalk 'n laboratorium wees waar ons oplossings kan ontwikkel om die destruktiewe aard van demokrasie te hervorm.