Dit sal interessant wees om te tel hoeveel romans in Afrikaans meer as, sê nou maar, 700 bladsye het. Miskien 'n arm vol? En vergelyk dit dan met die aantal dik boeke in tale van dieselfde grootte as Afrikaans. Miskien sien 'n mens dan sosiokulturele tendense raak?
Hoe dan ook, ek moet bieg dat ek nie meer kans sien om 'n dik boek te lees nie 🥱😴 Maar luister as oudioboek, definitief! Herman Wouk se Israelromans lê in my Audiblebiblioteek en wag vir my. En Fees van die Ongenooides is daar in my wenslys. Maar dit sal BAIE oortuiging kos om my te oorreed om die 60-uurlange War and Peace (nogal voorgelees deur Thandiwe Newton!) aan te pak!
Dankie Gerhard - ek kan FvdO werklik aanbeveel. Ek dink Afrikaans is jonk, Goethe se groot werke was meer as 200 jaar na Luther se Bybelvertaling, so daar is nog tyd. Ek het Dostoevski en Tolstoi baie soos 'n maraton ervaar - dit voel belaglik om aan te pak, maar sodra jou eerste een klaar is begin jy dadelik na die tweede soek. War and Peace, ja goed, maar die effens dunner Brothers Karamazov is een van die grootste gunste wat jy jouself kan doen.
Baie raak en interessant Paul! Ek dink mense leer om mens te wees deur vir mekaar stories en verhale te vertel. So wat dan as ons stories en verhale nie meer vertel word nie, of erger, vervang word met sinlose geweld of vlak "series"? Waar leer ons dan om mens te wees?
Briljant! Stem vir lees en lees en lees en BESLIS Fees van die ongenooides! Boeke verbreed perspektiewe en maak jou n lekker kuiermens. Geluk Paul, jou viering van ons mooi taal spreek boekdele.

Ek het ook vanjaar The Brothers Karamazov op Audible voltooi en kan dit vir enigiemand aanbeveel.
Hoor, hoor!