4 Comments
User's avatar
Bouwe van der Eems's avatar

Daar is nie veel artikels oor die probleem dat seuns agter raak in die skoolstelsel. Op 1 Julie het Daily Maverick ook 'n artikel daaroor geskryf.

https://www.dailymaverick.co.za/article/2026-07-01-why-boys-lag-at-school-in-sa-and-what-masculinity-has-to-do-with-it/

Stephan's avatar

"n Artikel met gewig met 'n onderwerp wat dalk by die oorsaak van sovele ??? kom.

Om ten diepste en omvattend daaroor uit te brei, vereis 'n hoogs volwasse - en hoogs nederige - korpus, want dit raak die siel aan en dit reis oor baie eeue heen.

Dekonstruksie is nie in die woordeskat van vele ''nasie-bouers'' nie - heelwat vanuit die belese groep, meen hul het geen voorbehoude en vooroordele nie - maar 'n sterk fondasie vereis die regte argitek, plan, materiaal....en bouers.

En - my persoonlike mening - enige fondasie anders as 'n ''Judeo-Christian'' bloudruk, is 'n resep vir 'n ramp. Ons sien die ramp tans in Europa, Afrika, en ook in Suid-Afrika, en selfs die VSA. Ek ignoreer vir eers die ander.

Die VSA - ongelukkig - leef ongelukkig nog in 'n ''lalla-land''.

Die droom is nie so mooi oor hul is wat hul (wil) interpreteer nie.

PIET DU PLESSIS's avatar

Bouwe, die tendens loop deur na tersiêre onderwys toe. Veral die menslike wetenskappe lok al minder en minder mansstudente. Dis nie spekulasie nie, die syfers bewys dit. Die kernredes daarvoor se herkoms, en baie van die redes vir daardie tendens, kom presies van skool af soos jy dit uitstekend beskryf het. Op tersiêre vlak kom nog redes by, soos die uitgediende veronderstelling dat mans die broodwinners moet wees en derhalwe meer verkoopbare kwalifikasies moet verwerf. Dis dan ook die rede waarom syfers aandui dat mans die STEM-studierigtings in die meeste tersiêre instellings oorheers. Mansstudente word blykbaar ook tot ’n groter mate afgesit deur die gender-, identiteits- en kritiese rasseteorie-polemieke wat dikwels die geesteswetenskappe ingedring het. Mans, veral as hulle wit is, word dikwels in sodanige studie-debatte as “die varke in die verhaal” getipeer. Die mansstudente voel dus onwelkom omdat hulle dit dikwels as persoonlike aanvalle beleef, of as grootliks ongesubstansieerde aanvalle op hul geslag op die basis van uitskietergevalle wat veralgemeen word.

Die tendens het ook inslag begin vind in die werksomgewing. Veral blanke mans word nou dikwels gestigmatiseer in baie werksomgewings. Suid-Afrika met sy rasse-obsessie is waarskynlik een van die voorlopers op daardie gebied. Maar sekerlik ervaar ander lande soortgelyke tendense. Amerika en ’n hele paar Europese lande ervaar dieselfde tendense.

Die tendens wek kommer by my en ander denkers omdat dit ongebalanseerde perspektiewe in kultuur, onderwys en leierskap kan vestig ten opsigte van gender. (NOTA: Ek verkies die veronderstelling dat daar net twee genders is. Om dit uit te brei na meer, maak die wêreld so — onnodig? — kompleks, dat dit lei tot groot identiteitskrisisse.)

Oplossings sluit in die aanspreek van seuns se betrokkenheid in K-12, wat jy pragtig uitgelig het. Jy het ook gender-verteenwoordiging aangeraak, waarna beslis gekyk moet word. Beter loopbaanadvies ten einde wanpersepsies te probeer verminder, en die herbedinking van kurrikula om dit vir beide geslagte aantreklik te maak, moet ook aandag kry.

Bouwe, ek sien nog baie min debatte (amper geen) in OntLaer. Dis jammer, want dit kan vir skrywers laat voel dat hulle besig is met net monoloë, wat die hele idee van die publisering van opinies uiters armer laat.

Dalk sal my uitbreiding hier ten opsigte van jou oorwoë gedagtes en navorsing wat gender-verskille aanraak, ten minste ’n paar vroulike (feministiese?) lesers aanmoedig om ’n stuiwer in die armbeurs te gooi. 😊 Ek kan nie sien hoe gereelde skrywers in OntLaer, soos Hilde Kruger en Lezli Edgar, nie sal wil reageer as hulle die tyd kan vind en my kommentaar natuurlik raakgelees het nie. Daarmee wil ek nie eens amper suggereer dat ek moontlik vroulike argwaan wou uitlok met my kommentaar nie. My “opinies” in hierdie kommentaarlewering oor jou stuk is nogal redelik goed nagevors, maar ander perspektiewe/persepsies is nie altyd navorsbaar nie, al het dit soms meer impak as koue feite...

Bouwe van der Eems's avatar

Seuns presteer swakker in skole en minder mans voltooi universiteit, maar hierdie groeiende probleem kry min politieke aandag. Terwyl vroue toenemend die korporatiewe sektor oorheers en finansieel onafhanklik raak, daal huwelike en geboortesyfers wêreldwyd, wat verouderende bevolkings en onvolhoubare welsynstelsels laat. Jong mans wat nie in die formele ekonomie inskakel nie, verval in randbestaan, bendes of bewegings soos MGTOW, terwyl state sukkel om genoeg jong mans vir weermagte en polisiemagte te werf. Immigrasie word soms as oplossing gesien, maar kan verdere fragmentasie veroorsaak. Die gevolg is ’n samelewing wat al meer verdeel raak, met stygende geweld en ’n staat wat toenemend sukkel om orde te handhaaf, selfs al word op tegnologie en robotika staatgemaak om arbeidstekorte te vul.