Hallo Piet! Ek wonder ook nogals of ons kan sê daar is (nogsteeds?) ń Wit Pers en White Press in SA media… en wat presies hul identiteite mag wees.
Dankie vir dui uitlig van Naspers, ń ander leser het my persoonlik gekontak om te laat weet dat Die Papier nie aan M24 behoort nie. Tog is Novus holdings, ń maatskappy wat ook aan Naspers behoort, die uitgewer van Die Papier. Die diepte van ons(?) pers se stem word altyd onderskat…
Ek verstaan die uitkyk dat die Afrikaner in sy ‘comfort zone’ wil lees. Die wending wat ek waarneem is day hy/sy dikwels saam stem met wat gelees word. So die een (media) voer die ander (leser), want tog bly dis ABC syfers hoog. Verkope is die drywer soos jy stel, maar die leser moet nogsteeds koop, wil nogsteeds so wees tot ń mate. My navorsing argumenteer uit die oogpunt van ‘belonging’ meer sociologies gebasseer. Hoewel ek defentief kan erken dat jy moet ekonomies sterk van aard wees om selfs te ‘mag’ koop. Daar is navorsing wat ons al vroeg (2001) in klasse verdeel het. ń Groot vraag wat altyd by my bly js maar hoe leef die identiteit dan voort as niemand meer wil koop nie? Is die identiteit dan net te koop? Nie om uit te leef nie?
Kyk, Buckfever Underground het gesing: ek kyk TV en ek weet, ek luister radio en ek weet, ek lees en ek weet: die volk is in die 💩. Terselfde tyd dink ek die krisis roep ons as groep tot introspeksie, is ons besig om vermoor te word, is ons gereed vir hierdie oorbrug tussen mens en tegnologie (“cant spell Afrikaner without AI” het iemand my nou die dag gesê), hoe ervaar ons onderdeukking, mag ons sonder skaamte Afrikaans wees, moet jy wit wees om Afrikaans te wees… meer vra as antwoorde op die oomblik.
Lezli, Rebecca maak geldige punte oor presies daardie Media24 onderduimsheid. Wanneer dit by geld kom, verdwyn etiese gedrag mos baie vinnig! Oor Die Papier, het ek net bly geraak, toe wys jy my daarop dat dit ook in die Media24-stal val! Ons sal maar moet sien tot watter mate hulle darem bereid sal wees om lesers aan beide kante van die Suid-Afrikaanse werklikheid bloot te stel, al los dit lesers ook soms met (nodige!) ongemak...
Daar is inderdaad baie vrae, maar ek vind dit bemoedigend dat al meer en meer skrywers nou opstaan en terugveg teen die (valse/verwronge/eensydige) narratiewe wat vir so lank die hoofstroom-media oorheers het. Ons raak nou toenemend deel van die gesprek oor oplossings; en herdefinieer onsself daardeur as alles behalwe net die "die bron van alle kwaad". 😊
Lezli, weereens heerlike leesstof wat die denke prikkel.
Ek dink egter baie van die Netwerk24- en Nuus24-betalers is in 'n kokon vasgevang om al die goeie redes wat jy noem: byvoorbeeld, 'n kulturele tuiste wat hy herken as sy eie. Ook: "Netwerk24 verkoop steeds identiteit. Dit bied 'n weergawe van wat dit beteken om Afrikaanssprekend te wees in die Suid-Afrika van vandag, een wat vir sy leser aangenaam, herkenbaar en aanvaarbaar is. Die platform is nie bloot 'n nuusbron nie, dit is 'n instelling wat 'n gemeenskap se selfverstaan vir dekades aktief gevorm het en steeds vorm, eerste op papier en nou op skerm."
'n Leser wat net Netwerk24 en Nuus24 lees; en diegene wat net Network24 en News24 lees, sal egter twee heeltemal verskillende geestelike karterings (of voorstellings) ontwikkel van die toestand van die nasie en die rol van die Afrikaner daarin.
Media24, deur die twee onderskeie e-publikasies parallel te laat loop, kapitaliseer op/misbruik ons gefragmenteerde identiteit in Suid-Afrika. Hulle maksimeer inkomste deur twee verskillende gehore presies te vertel wat hulle verwag om te hoor, of ten minste die werklikheid só te raam dat dit by daardie gehore se politieke en kulturele gemaksones pas.
Ek voel egter hartseer daaroor, want Afrikaanse lesers betaal die groter Media24 (Naspers) om op hul Engelse e-blaaie (Network24/News24) baie dinge kwyt te raak wat die Afrikaanse lesers dwars in die krop sal steek. Om die waarheid te sê, dit sal hulle hoogs die bliksem in maak en hulle hul subskripsies laat heroorweeg!
Jy kan ook maar gerus self die navorsing gaan doen, as jy dit nie alreeds gedoen het nie. Dis tipies hoe die media werk, maar ek persoonlik kan myself veral nie met oom Koos Bekker se Empire vereenselwig wat op die Afrikaners se rûe gebou is (Naspers), maar nou die groter Suid-Afrikaanse bevolking voer met baie anti-Afrikaanse sentimente wat die toekoms vir ons as Afrikaners baie gevaarlik maak omdat valse/verdraaide/veralgemeende persepsies van ons geskep word. Weereens nooi ek jou uit om daardie bewering ook na te vors. Begin gerus met sleutelwoorde soos "Afrikaners", "Afrikaans", "White genocide", "Afrikaner refugees", "Orania", "AfriForum", "Solidariteit". Jy sal gou agterkom wat ek bedoel. Jy sal NOOIT daardie giftige en verdoemende en verdagmakende beriggewing in die Afrikaanse Netwerk24 en Nuus24 raakloop nie.
Ek sê weer: ek verstaan hoe die media werk en hoe belangrik dit vir oorlewing is om die narratiewe uit te dra wat die geld en lesersgetalle indra. Dit sou egter minder van 'n bitter pil vir my gewees het as ek dalk nie geweet het op wie se skouers oom Koos aanvanklik sy Empire (Naspers) gebou het nie. Of as ek myself kon kry om ook hoofsaaklik in die kokon te lewe en net salig kon voortgaan om my Huisgenoot-sprokies te lees — en te probeer vergeet/ontken dat die Afrikaners vandag 'n eksistensiële krisis beleef.
Ek dink my standpunt oor Media24 se Afrikaanse inhoud verskil dus van jou eie gevolgtrekking, wat jy as volg stel: "Dit is bewys dat wanneer 'n medium sy leser werklik ken, sy stem, sy waardes en sy wêreld, die leser bly. Nie omdat hy moet nie, maar omdat hy tuis voel." Ek sou daarmee kon saamstem as ek nie van opinie was dat heelwat Afrikaners nie hul gemaksones wil verlaat nie, en aldus eerder wegskram van wat hulle ongemaklik kan laat voel. Hulle kees dus dikwels hoofssaklik net wat hulle wíl hoor gesë word. Dis selfbedrog waarvoor 'n duur prys betaal kan word. Gaan kyk maar na historiese voorbeelde uit die wêreldgeskiedenis. Die volgende sal aan jou en baie ander lesers bekend wees:
"The famous confessional poem/statement titled 'First They Came,' written by the German Lutheran pastor and anti-Nazi dissident Martin Niemöller in 1946, reflects on the dangers of political apathy and the complicity of silence during the incremental purging of targeted groups by the Nazis."
Dit lui as volg:
"First they came for the socialists, and I did not speak out—
Because I was not a socialist.
Then they came for the trade unionists, and I did not speak out—
Because I was not a trade unionist.
Then they came for the Jews, and I did not speak out—
Because I was not a Jew.
Then they came for me—
and there was no one left to speak for me."
NATUURLIK klink dit oordrewe, maar is dit in terme van wat ons beleef as die stap-vir-stap ("subtiele") verdagmaking van die Afrikaners se behoefte om hul eie skole en universiteite te hê; om ook deur die Staat in diens geneem te kan word; om ook te kan kwalifiseer vir staatkontrakte; ens., ens.???
Hopelik lees jy ook my artikels op OntLaer. As jy dié oor ons krisisse as Afrikaners nog nie gelees het nie, nooi ek jou uit om dit te doen as jy tyd het. Ek sal ook kommentaar en kritiek verwelkom, want dis een ding wat ek teen OntLaer het en hoop om te help verander: omtrent geen kommentare oor ons artikels word gelewer nie. Dis nie gesond nie, want ons skryfwerk word dan monoloë. Meningsverskille wat op volwasse en beskaafde wyse gedeel word, is oneindig bemagtigend...
Ek verseker jou weerens dat ek jou skryfwerk baie prikkelend beleef. As dit anders was, sou ek nie die moeite gedoen het om 'n bykans artikel-lange kommentaar vir jou te skryf nie... 😊

Ek het hierso dalk iets waarin jy mag belangstel: https://vt.tiktok.com/ZSCY1FAnd/

Groete, en hoop jy bly warm Piet! 🤗