Dit was ’n baie goeie lees, Daniel. Ek moet egter sê, is alle politiek in die werklikheid nie maar “griewe-politiek” nie?
Ek het onlangs hierdie gevoel teëgekom dat mense glo ontsteld is dat ’n skietstilstand verklaar is. Ek het self nog nie dié beweerde ontsteldheid gesien nie, maar ek sal jou op jou woord neem. Wat ek wél gesien het, is dat mense dit kritiseer — en vir baie van dieselfde redes wat jy in die stuk uitwys.
Ek het geen eie belang in hierdie stryd nie, maar Israel se bestaan gaan kwalik oor die verspreiding van Westerse ideale en liberalisme in die Midde-Ooste. Dat dit eintlik oor mag en beheer van hulpbronne onder die dekmantel van ideologie gaan, is deesdae ’n geykte waarheid. Daar is geen kans dat hierdie sogenaamde skietstilstand en vredesgesprekke êrens heen sal lei nie. Trump se plan is so wankelrig en eensydig, en speel reg in Israel se verklaarde doelwit in: om Gaza volkome plat te vee — of wat min daarvan oor is — en dit gaan dekades neem om weer op te bou, as dit ooit gebeur.
Ek is nie heeltemal seker wat die gepaste reaksie op hierdie beweerde skietstilstand behoort te wees nie — behalwe miskien ’n mate van agterdog. As jy aan die kant van dié is wat beweer dat daar volksmoord gepleeg word, sou jy sekerlik verantwoordbaarheid en gevolge wou sien. Gestel byvoorbeeld Hitler het by drie miljoen Jode gestop, en daar is toe ’n skietstilstand of ’n soort vredesooreenkoms verklaar — mens sou kwalik verwag dat daar “prys” doorvoor sou wees.
Ek stem saam dat daar baie slagspreukpolitiek en identiteitskwessies is wat, soos jy dit stel, die soeke na oplossings gekaap het. Maar in my opinie is die konflik vanself verweef met kwessies van identiteit.
Jou oproep tot “hervorming” deur die Palestyne is ook ’n vreemde raamwerk. Dit lyk asof dit Israel van enige verkeerde optrede ontslae laat, wat sekerlik nie met ’n skoon gewete objektief gesê kan word nie.
Hoewel ek in beginsel saamstem met jou slotopmerkings, dink ek ons eers wag en kyk voordat ons prys uitspreek oor hierdie sogenaamde vredesooreenkoms.
Dankie vir jou deeglike kommentaar Cohen. Dis presies die soort hoflike gesprek wat ons by OntLaer wil aanmoedig.
Ek stem heeltemal saam dat alle politiek tot ’n mate griewe-politiek is. Elke samelewing probeer immers om historiese onregte of huidige ongelykhede aan te spreek. My punt was meer dat wanneer “grief” die primêre dryfveer word, vervang dit dikwels beginsel met emosie en dan raak die politiek selfvernietigend.
Jy’s reg dat daar rede is vir agterdog oor enige sogenaamde “vredesverdrag” in die Midde-Ooste, en soos ek in die artikel noem deel ek jou skeptisisme oor die volhoubaarheid van hierdie een.
Wat Israel betref, stem ek saam dat dit nie bloot ’n baken van Westerse liberale waardes is nie, daar is natuurlik ook harde geopolitiek en magsbelange aan die werk. Ek sou egter sê dat Israel se demokratiese instellings en pluralisme steeds uitsonderlik bly in daardie streek, al beteken dit nie dat sy optrede bo kritiek verhewe is nie.
Oor die Palestynse hervorming. Ek het dit nie bedoel as ’n verskoning vir Israel nie, maar as ’n erkenning dat ware vrede uiteindelik ook selfondersoek en strukturele verandering aan albei kante verg. Jou punt oor verantwoordbaarheid is geldig. Maar ons moet sekerlik tog erken dat enige vrede in die streek gaan vereis dat die Palestyne geweld staak (geweld wat daar al vir dekades heers, of die geweld nou geregverdig is of nie).
In kort deel jou skeptisisme en jou afkeur vir eenvoudige verduidelikings vir 'n besonderse komplekse plek. Dis wat ek bedoel het met my kritiek oor talle kommentators se selfvoldane sekerheid (aan alle kante) oor 'n plek waar morele onsekerheid en tragedie heers.

'n Nugter opinie oor die situasie. Dankie.