Die onderliggende beginsel is gesond, naamlik dat ’n publikasie mag aandring op oorspronklike menslike denke en skryfwerk, en dat massavervaardigde KI-inhoud ’n werklike probleem kan wees. Ek sou egter versigtig wees om te veel gesag hieroor aan ’n instrument soos Pangram toe te ken. Dit bly ’n tegnologiese hulpmiddel wat waarskynlikheidsoordele maak, met al die beperkings wat daarmee saamgaan.
Pangram werk heel goed, maar dit is ook gedokumenteer dat dit soms ouer, volledig mensgeskrewe artikels as “gedeeltelik KI-gegenereer” merk. Dit beteken dat so ’n uitslag hoogstens as ’n waarskuwingsteken gebruik kan word, en nie as bewys dat ’n skrywer oneerlik was of nie self die dinkwerk gedoen het nie.
Die belangriker vrae is volgens my wie die navorsing, argumentering en oorspronklike skryfwerk gedoen het, of die skrywer sy of haar bronne en redenasie kan verantwoord, en of beduidende KI-gebruik eerlik verklaar is. Volledig mensgeskrewe teks is immers nie noodwendig goed, oorspronklik of betroubaar nie, net soos beperkte KI-bystand nie noodwendig ’n stuk oneerlik of waardeloos maak nie.
Pangram kan nuttig wees as vertrekpunt vir ’n gesprek met ’n bydraer, maar dit behoort nooit op sy eie die finale oordeel te vel nie.
(En terloops, ek het GPT-5.6 gebruik om hierdie kommentaar te slyp en te redigeer.)
Ek verwelkom díe redaksionele besluit. Ek wonder of die redaksie nie wil oorweeg om die KI-genereerde “kuns” wat as baniere vir meeste artikels gebruik word ook te skrap nie. Visuele kuns en skryfwerk is natuurlik verskillende mediums, en ek besef die publikasie is primêr op geskrewe joernalistiek gemik. Maar ek dink baie van die oorwegings wat die uitsluit van KI-artikels onderskryf, geld ook vir visuele kuns: die outentiekheid en menslikheid van idees (kuns is immers ook ‘n vorm van kommunikasie), die hoë agting wat die redaksie duidelik het vir die kreatiewe proses, en die gevaar wat KI-“slop” vir gehaltestandaarde (en vir opregte visuele kunstenaars) inhou. Buitendien is daar baie (veral ouer) kuns in die publike domein wat sonder finansiële uitgawe gebruik kan word.
Alhoewel ek baie dikwels kuns in die openbare domein vir stukke gebruik, is die groot verskil natuurlik dat ons met ons KI dekprente nie voorgee asof dit ons eie werk is nie. En Stalin en Slovo wat saam 'n boek lees is tog pret, nie waar nie?😉
Dankie, MP. Dis vir ons ook maar ‘n tameletjie, want KI gee die geleentheid tot goedkoop dekprent-skepping, en in ons geval is daar nie tans ‘n begroting vir ‘n kunsskepper nie.
Dis wel iets wat prioriteit sal geniet vir wanneer ons wel begroting het.
Sal graag ons eie, mensgeskepte “house style” dekprente wil skep.
Om vandag se tyd nie KI te gebruik nie, is eenvoudig dom. Die keuse is nie tussen KI en harde werk nie. Die mense wat albei kombineer, gaan almal verbysteek wat of lui op KI steun of dit uit beginsel vermy.
Soos nog altyd, gaan hardwerkende mense die beste doen. Die wat hardwerk en KI gebruik.
Die kwessie vir ons as redaksie is nie “KI” of “geen-KI” nie, maar die mate van gebruik en tot watter mate dit ondersteunend van menslike skryf- en dinkwerk is.
Frederik, hier kom ’n ding, soos hulle sê. Neem aan julle het ook die debatte op Substack gevolg oor die onderwerp. BAIE uiteenlopende menings, wat my laat dink het aan die onbenydenswaardige taak wat vir julle as direksie voorlê. Ek het sommer vir die pret dieselfde artikel vir Pangram en vir ’n ander KI-model aangebied. Groot was my verbasing toe daar bykans teenoorgestelde KI-opinies was oor of daar ge-KI was of nie — en tot watter mate KI gepleeg was of nie! Toevallig sou daar met die streng gebruik van die Pangram-model teen die bepaalde artikel besluit moes gewees het, deur watter redaksie dit ook al sou moes beoordeel het. ’n Ander KI-model was egter juis van mening dat dit puik menslike skryfwerk was, met baie logiese en oordeelkundige gebruik van KI-insette.
Hier wag ’n interessante tydjie op ons oor hierdie debat en daar gaan nog baie eina’s wees vir skrywers wat dalk “valslik skuldig bevind” gaan word. Bly om egter te kon gelees het dat julle ook sal voortgaan met die gebruik van jul eie, goeie menslike instinkte as redaksie, wat ek juis van mening is OntLaer iets spesiaals maak.
Sterkte vir julle. Sal soos altyd graag help waar ek kan...

Stem saam Willem. Gaan oor die gehalte van die inhoud op die einde van die dag.

MP, Pierneef het persoonlik hierdie dekprent geskilder. ;)

Maar wat van die blikbrein prentjies in die artikels?
Sien gerus my antwoord op MP hierbo asook die kwalifikasies in vandag se DWD rondom KI en die gebruik daarvan.