OntLaer

OntLaer

Share this post

OntLaer
OntLaer
DinkWeer Donderdag: Waar lewe is, is groei...
User's avatar
Discover more from OntLaer
OntLaer is ’n Afrikaanse aanlyn publikasie wat die media- en meningskrisis takel met sloernalistiek, oop debat en inhoud wat dwarsoor die politieke spektrum strek—vir lesers wat sinvol, hoflik en met bedagte meningsvorming wil deelneem.
Already have an account? Sign in

DinkWeer Donderdag: Waar lewe is, is groei...

'n Stadige herkou van verlede Vrydag se uitgawe

OntLaer's avatar
Paul Maritz's avatar
OntLaer
and
Paul Maritz
Jun 12, 2025
3

Share this post

OntLaer
OntLaer
DinkWeer Donderdag: Waar lewe is, is groei...
Share

Toe ek omtrent twintig was, het ek op ‘n keer in ‘n hewige debat met ‘n baie wyser mens as ek getree - soos mens tipies op twintig geneig is om te doen - oor die plek en toekoms van Afrikaans. My gespreksgenoot het gemeen dat ons positief moet bly, maar dat Afrikaans in die moeilikheid was, ek, in teenstelling, het geglo dat die kurwe eerder opwaarts neig. Dit is nodig om te noem dat hierdie gesprek aan die einde van 2012 plaasgevind het - toe die naïwiteit van my jeug dalk makliker deur die omstandighede vergewe kon word.

As eerste argument het ek gestel dat Afrikaanse films in die dekade van 2002 tot 2012 herleef het, en nie net herleef het nie, maar blitsvinnig van krag tot krag gegaan het. Ons eie musiekkanaal met Afrikaanse-alternatiewe-rock het Afrikaanse musiek nie net onder ons eie jongmense gepopulariseer nie, maar opgewonde jongmense uit ander taalgemeenskappe met ope arms en kuiwe in die oë verwelkom. Sekerlik gaan dit met ons nie te sleg nie? Met die tipe glimlag wat deur jare se ervaring en die beantwoording van dieselfde vrae in ander kontekste daar geplaas word, het my gespreksgenoot eenvoudig geantwoord: “Dat dit met die laer ordes van ons taal goedgaan, mag dalk wees, maar is dit die beste wat dit kan wees?”

Die idee van hoër- en laer orde taalgebruik was vir my ‘n nuwe konsep, maar ek het natuurlik dadelik verstaan wat presies daarmee bedoel word. Uiteraard sal ‘n gesonde taal massamedia en massakuns produseer, dit is amper ‘n gegewe. Die groter uitdaging is altyd die formele, die heilige, die polemiese ruimtes: As die filosoof na sy dekade van stille betragting uiteindelik pen en papier onder die kundige dwang van sy ou kneukels bring, dan moet hy die volle werpsel van sy denke in Afrikaans kan, en wil, produseer. Die predikant se strewe na die Heilige, daardie ruimte waar woorde getel en geweeg word, ook dit moet steeds uitgedruk kan word. Die debat, die twis, die meningsverskil, die intellektuele moddergooiery - dit, bowenal, moet ons in Afrikaans kan doen.

Share

Alhoewel min modder gelanseer is, het verlede week se OntLaer my gemoed effens rustig gemaak. Ons is aan’t praat, ons is aan’t dink. Die bydraes van Ds. André Bartlett en Dr. Theuns Eloff het hierdie punt dalk veral tuisgebring. Bartlett se herinnering dat ons in ons eie geredekawel verlore kan raak en perspektief kan verloor is gekomplimenteer deur Eloff se herinnering van waaroor dit werklik gaan, en wat nou eintlik belangrik is. So lief as wat ek vir die abstrakte, die groter idee agter die idee is, het Dr. Eugene Brink se kommentaar oor die stand van plaaslike regering my herinner dat dit op munisipale vlak is waar baie stryde gewen en verloor word. Ek kon Daniël Eloff kommer oor ons toegang tot geregtigheid nie sonder ‘n klein bietjie bekommernis lees nie, en het my eie vrees vir ‘n parlement sonder ‘n ordentlike opposisie geopper.

Hoe lieflik om die pasafgelope paragraaf te kon skryf. Oor die groot kwessies wat oor eeue strek, daaroor het ons in verlede week se OntLaer gedink. Oor die huidige, sloerende kwessies, ook daaroor het ons ook gedink.

Waar hierdie tipe gesprekke plaasvind, waar hierdie tipe lewe is, net daar kan ‘n taal, ‘n taalgemeenskap, en ‘n brein werklik groei.

Teken gerus in vir meer OntLaer

LizHen's avatar
Johannes Theodorus Ferreira's avatar
3 Likes
3

Share this post

OntLaer
OntLaer
DinkWeer Donderdag: Waar lewe is, is groei...
Share

Discussion about this post

User's avatar
My reis na radikaal bevrydende humaniteit: 'n Vlam wat motte trek
’n Lewe sonder dogma, maar nie sonder betekenis nie.
Apr 24 • 
Jean Oosthuizen
22

Share this post

OntLaer
OntLaer
My reis na radikaal bevrydende humaniteit: 'n Vlam wat motte trek
4
DinkWeer Donderdag: Skyn of Stof
'n Kopknikkende reaksie op Daniël se stuk in verlede week se OntLaer.
Jul 10 • 
OntLaer
 and 
Paul Maritz
6

Share this post

OntLaer
OntLaer
DinkWeer Donderdag: Skyn of Stof
1
Meningsopname: Hoe gereeld wil jy OntLaer ontvang?
Laat hoor van jou!
May 16 • 
OntLaer
6

Share this post

OntLaer
OntLaer
Meningsopname: Hoe gereeld wil jy OntLaer ontvang?

Ready for more?

© 2025 OntLaer
Privacy ∙ Terms ∙ Collection notice
Start writingGet the app
Substack is the home for great culture

Share

Create your profile

User's avatar

Only paid subscribers can comment on this post

Already a paid subscriber? Sign in

Check your email

For your security, we need to re-authenticate you.

Click the link we sent to , or click here to sign in.