Die Suid-Afrikaanse staat staan in skrille kontras met privaatsektor-instellings en individue, hoewel dit nie so behoort te wees nie. Vanaf die laagste rang in die staatsdiens, tot by die president, behoort verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid net so kardinaal te wees soos in die privaatsektor. Maar dit is nie. Teoreties, ja, beginnende by die hoogste verantwoordelikhede soos uiteengesit in ons Grondwet, tot by die nederigste verordening op (sê) munisipale vlak. Maar nakoming is onderhewig aan die mate waartoe verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid gerealiseer word. En dit realiseer nie spontaan soos in die privaatsektor waar daar ingeboude insentiewe daarvoor is nie, soos reeds bespreek. Verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid moet dus afgedwing word in die staatsektor. Maar wanneer die wil om dit te doen nie meer bestaan nie, weens institusionele staatsverval, begin die bose siklus: geen verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid vir alle praktiese doeleindes nie; en daarom ook nie instandhouding nie. Dit is ’n bose kringloop en voed sigself. Hoe minder verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid afgedwing word, hoe minder is daar redes om die konsekwensies van nie-nakoming te vrees. Dit gee aanleiding tot nóg minder nakoming en selfs nóg groter verval. Daarna is dit net ’n kort stappie na die pleging van korrupsie, wat ons weet endemies aan ons Suid-Afrikaanse staatsektor is.
Privaatsektor-instansies het implisiete insentiewe wat hulle aanspoor om voortdurend instandhouding te doen. Hul winsgrense, reputasies – en niks minder nie as hul voortbestaan nie – hang af van die soort instandhouding waarna ek hierbo verwys het. Dit is vanselfspekend/gegewe vir sulke privaatsektor-instansies. En glo my, hulle vind dit ook nie die aangenaamste en opwindendste deel van hul bedrywighede nie. Dit is baie meer “sexy” en opwindend om byvoorbeeld die onderneming uit te brei, hetsy deur groter markaandeel te bekom, of om produkte/dienste te diversifiseer. Of bloot om die “bottom line” beter te laat lyk deur die instansie/onderneming meer effektief te bedryf. Dan is ’n massiewe insentief om suksesvol in die privaatsektor te wees natuurlik die bron van fondse wat geïnvesteer moes word om die onderneming te begin. Dit kon geld van die entrepreneur self gewees het, geld wat geleen is by ’n finansiële instelling, of baie meer komplekse finansieringsmeganismes wat die uitreiking van aandele en aandelebeurse behels, noterings plaaslik of in die buiteland, ensovoorts. Dikwels egter ’n kombinasie van finansieringsmeganismes. Maar die onderliggende groot waarheid is: die entrepreneur is in die eerste en laaste instansie verantwoordelik vir hoe die fondse aangewend word, hoe dit terugbetaal word deur middel van winsgenerering, of die verdere uitreiking van aandele wat die aandeelhouers opbrengste laat verdien op hul beleggings deur middel van jaarlikse dividende-uitbetalings.
Instandhouding as begrip is eenvoudig: dit is om objekte of stelsels/instansies in goeie toestand te hou. Hoe dit gedoen moet word, is ook nie in breë terme gesien ingewikkeld om te verstaan nie: dit vereis bloot die gereelde evaluering van toestand, en dan versorging en herstelwerk waar nodig.
Nogtans sien ons hoe die staatsgekoppelde instansies in Suid-Afrika eenvoudig net nalaat om enigsins instandhouding uit te voer, of dit suboptimaal doen. Die fisiese verval van infrastruktuur en bostrukture is in alle sektore in Suid-Afrika te sien waar staatsverantwoordelikheid moes verhoed het dat sodanige verval plaasgevind het deur bloot gereelde instandhouding.
Inderdaad is onderhoud nie sexy nie, Daniël. Maar dis noodsaaklik vir die instandhouding van die ruggraat van stelsels en objekte/infrastruktuur/bostrukture. Sonder dit knak alles op die een of ander tyd en stort in duie. En die vervanging is dan male sonder tal duurder en meer ontwrigtend...