Enige taktiek om die statistieke te verdun. Arbeiders op plase waarvan baie dikwels seisoenaal is word nou ingespan om die statistiek "reg" te trek met getalle. Wie word hoofsaaklik aangeval? Die werkers in hul werkershuisies of die boere? Met erkenning aan werkers wat ook soms slagoffers is in regte plaasaanvalle. Landbou eenhede? Een boer of dalk 3 broers wat saam boer op 'n eenheid- nogal skaars. Watter een is meer gepas om die statistiek "reg" te trek. En dan SAPS wat 'n ruk gelede enige geweldsmisdaad op plase (landelik) onder die plaasaanval vaandel geplaas het. Selfs waar werkers mekaar aangeval het in dispute, dikwels met drank daarby betrokke. Vêr weg van 'n plaasmoord waar mense aangeval word terwyl hulle bloot doen wat hulle doen- naamlik boer. Tussen-werker dispute, nou deel van plaasmoord-statistieke. Tragiese poging om plaasmoorde te normaliseer, bewusmaking te ondermyn en poog om statistieke tengunste van ANC retoriek te plooi. Al die navorsing en tred hou, deur bv Solidariteit met plaasaanvalle, slagoffers en moorde, wat dan nou "verdag" is. Projeksie van 'n voorafbepaalde standpunt, eerder as objektiwiteit is in hierdie artikel sigbaar. Die klassiek menigstuk met 'n uitkoms tendoel.
Hügo, ek het spesiale waardering vir jou poging om gebalanseerd en objektief te wees. Ook om eksak te wil wees, soos jou professie sekerlik van jou vereis.
Daar is egter ’n paar dinge wat my opgeval het. Eerstens die plasing van “rassegebaseerde diskriminasie” en “onvergoede grondonteiening” in aanhalingstekens. Ek hoop nie jy probeer daardeur sê dat daardie begrippe dalk versinsels in Suid-Afrika is nie? As dit wel is wat jy probeer sê het, wat ek betwyfel weens jou aandrang op korrekte empiriese bewyse, moet jy asseblief weer (of vir die eerste keer?) die betrokke wetgewing bestudeer.
Dan, om jou aan te haal, praat jy van “Suid-Afrika se opregte volksmoordsaak teen Israel...” Daar is baie twyfel of die SA-regering (ANC) enigsins opregte bedoelings gehad het toe hulle die saak aanhangig gemaak het. Daar is nie klinkklare bewyse daarvoor nie, maar daar is bewerings dat Iran die ANC betaal het om die klag te lê en ook die Suid-Afrikaanse regspan betaal het vir hul dienste. Waarom ek die bewerings ernstig opneem, is die feit dat dieselfde ANC-in-regering nie enige soortgelyke aksies geneem het ten opsigte van onbetwiste volksmoorde op die Afrika-kontinent nie. Hoe kan Israel en die Gaza-kwessie, wat geensins as ’n bewese volksmoord gebrandmerk kan word op grond van feite nie (behalwe die “feite” van duidelik bevooroordeelde groepe), dan vir die regering aan die Suidpunt van Afrika meer belangrik wees?
Wat jou assessering van die verskeie syfers oor plaasmoorde — en die gevolglike uiteenlopende interpretasies daarvan — aanbetref, is geloofwaardige syfers vir my net so van belang as ekonoom as wat dit vir ’n ingenieur is. Omdat ekonomie egter gedeeltelik ook deel van die sosiale wetenskappe is, verstaan ek dalk makliker dat getalleverskille in sulke gevalle nie in streng wiskundige terme verduidelik kan word nie. Dit dra swaar aan politiek, ideologie, menslike vooroordele en selfs menslike moedswilligheid om die syfers te interpreteer ten einde ’n spesifieke punt te maak. Die metodologie en definisies wat gebruik word waneer statistieke ingesamel word, beïnvloed natuurlik ook die finale uitkomste fundamenteel. Daar mag geglo of voorgegee word dat appels met appels vergelyk word, maar eintlik is dit appels met pere.
Dis dan wanneer ek as ekonoom eerder verby die beweerde syfers kyk en eerder die motief daaragter gaan probeer raaksien.
Vir my is die belangrikste dat daar raakgesien word dat daar twee uiteenlopende persepsies oor die kwessie van plaasmoorde is. Om syfers rond te gooi en te bevraagteken — en hier verwys ek nie na jou nie — is dikwels ’n manier om een persepsie te diskrediteer tot voordeel van ’n ander persepsie. Dit word dan ’n “is!-issie!”-spektakel wat lei na nêrens. Dieselfde geld ten opsigte van die redevoering/debatte oor die spesifieke slagoffers wie se name erkenning gekry het, of nie, en of almal werklike slagoffers was. Dis dikwels bloot pogings om twyfel te saai en eerlike pogings te probeer diskrediteer.
Vir my staan dit soos ’n paal bo water uit dat daar ontsaglike probleme in Suid-Afrika is — misdaad in alle permutasies, om die een probleem te noem wat hier ter sprake is — wat die ANC-in-regering bloot nie bevoeg of bereid is om effektief aan te spreek nie.
Alles gesê, Hügo, dis waarom ek dit eens is met Lex Libertas en die ander instansies wat hard probeer om met buitelandse bewusmaking te poog om probleme in Suid-Afrika te laat aanspreek wat gewoon onder die mat ingevee word deur ons rasbehepte/rassistiese huidige regering. En dis nie asof vele pogings nie al ter plaatse aangewend is om die regering te probeer oortuig nie. Sulke pogings gaan tewens voort, maar hopelik verstaan die regering nou dat as hulle nie met binnelandse bekommernisse wil deel nie, daar ook ander maniere is, vir diegene wat gebelg voel, om die probleme te probeer aanspreek — al beteken dit hulpsoek buite die land se grense...
Snaaks hoe niemand destyds omgegee het oor die anti-Apartheid propaganda wat baie dikwels te dik aangemaak is nie. Of hoe niemand daardie tyd oor die ANC se 'People's War' wou praat of selfs erken nie.
Die waarheid het nie saakgemaak nie. Wat saakgemaak het was verswakking van die NP staat.
Dit is die aard van propaganda. Dit is die aard van mag. Ons kan leer by die linkses.
Of ons kan bly voortgaan en gebalanseerd en regverdig probeer speel in 'n spel wat van nature nie balans vereis nie. Dan is die uiteinde dat ons (weereens) verloor, moed op gee of emigreer en van die buiteland af preek oor regverdigheid.
Goed, die hele punt wat almal mis is die volgende: Indien omtrent 10% van all blanke boere in Suid Afrika vermoor is, dan is dit 'n per capita 'volksmoord' in die konteks van daardie spesifieke demografie (hetsy 'beplan' of nie).
Tweedens: Indien die Afrikaner kultuur en die Afrikaanse taal oral en doelbewus afgetakel, verwyder en ondermyn word, dan is dit 'n kulturele volksmoord.
Al die argumente wat gaan oor of die 'n algemene volksmoord op Afrikaners is of nie, trek aandag af van bogenoemde. Ongelukkig het Afriforum en Lex Libertas ook tot 'n mate in die slaggat geval aangesien hulle nie bogenoemde punte behoorlik uitgelig het nie (in my opinie).

Ek wonder hoe verduidelik die skrywer dat daar al reeds teen 2018 meer as 1900 plaasmoorde was waarvan ongeveer 90% blankes was volgens TLU:
https://embed.documentcloud.org/documents/4428330-Farm-Murders-Racial-Breakdown-1990-2018/
En agt jaar later moet ons glo dat dit nog steeds net by 2000 of minder draai volgens die skrywer?