
Wanneer Jode aangeval word, is die beskuldiging dat hulle dit verdien het. Wanneer 'n aanval voorkom word, verander die beskuldiging: hulle het dit self georkestreer. Binne hierdie denkwyse word Jode selfs die moontlikheid ontsê om onskuldige slagoffers te wees. Hulle lyding bewys hulle skuld, en hulle oorlewing bewys hulle slinksheid. In die verlede en selfs nou nog word daar gese, Jode is ryk omdat hulle skelm is, en wanneer hulle arm is is dit omdat hulle deur God gestraf word. Hierdie tipe anologie kan in so baie situasies ingepas word vandag. Veral na Oktober 7.
Die voorval op 'n Flydubai-vlug van Dubai na Tel Aviv op 30 September bied 'n ontstellende voorbeeld van hoe vinnig 'n noodsituasie waarby Israeli’s betrokke is, in materiaal vir samesweringsteorieë kan verander. Volgens 'n berig van The Times of Israel op 1 Oktober, het die Combat Antisemitism Movement se navorsingsentrum binne 'n moniteringstydperk van twaalf uur 2 963 plasings op X geïdentifiseer wat die voorval aan Israel, die Mossad, Benjamin Netanyahu, Sioniste of Jode toegeskryf het. Die eerste sodanige beskuldiging het volgens die sentrum reeds 67 minute ná die vliegtuig se aanvanklike noodsein verskyn.
Van die 4 136 plasings met die term “false flag” wat die sentrum ondersoek het, het ongeveer 72 persent samesweringsbewerings bevorder wat Israel of Jode blameer. Dit is 'n persentasie van hierdie spesifieke groep plasings, nie van alle reaksies op die voorval nie. CyberWell, 'n organisasie wat antisemitisme op sosiale media bestry, het afsonderlik soortgelyke bewerings aangeteken dat Israeli’s die aanval self uitgevoer of georkestreer het. Dit wys hoe vinnig mense wat pas 'n lewensgevaarlike noodsituasie beleef het, self in die beskuldigdebank geplaas word. Terwyl ondersoekers nog die feite moes vasstel, het hierdie kommentators reeds hulle skuldiges gekies. Die afwesigheid van volledige inligting het vir hulle ruimte geskep om 'n bekende vooroordeel as 'n verklaring aan te bied: op die een of ander manier moes die Jode self daaragter wees.
Netanyahu se besoek aan die Verenigde Arabiese Emirate word by hierdie samesweringsverhaal ingesleep word. Hy het op 27 September met president sjeik Mohamed bin Zayed Al Nahyan in Abu Dhabi vergader, 'n ontmoeting wat later deur albei regerings bevestig is. Daar word ook aangevoer dat Netanyahu dalk die opkomende verkiesing gaan verloor en nou probeer hy dinge skep om sy beeld te verbeter.
'n Medevlieënier het die kaptein met 'n mes gesteek of met 'n byl gekap voordat passasiers ingegryp het, terwyl die vliegtuig skerp hoogte verloor het. Die vliegtuig het daarna 'n noodlanding in Tabuk, Saoedi-Arabië, gemaak. Getuies en Israeliese amptenare het dit as 'n oënskynlike poging beskryf om die vliegtuig te laat neerstort. Die motief was duidelik Islamietese terrorisme.
Tog het hierdie sekerheid mense nie gekeer om te verklaar dat Israel die voorval self gereël het nie. ABC News het berig dat bewerings wat die noodsituasie as 'n georkestreerde Israeliese gebeurtenis voorgestel het, vinnig aanlyn versprei het. Dit het 'n plasing deur die samesweringskommentator Jackson Hinkle ingesluit wat meer as 1,5 miljoen kyke op X gekry het. Die Combat Antisemitism Movement het afsonderlik aangeteken hoe bewerings van 'n georkestreerde aanval reeds binne 'n uur ná die eerste berigte verskyn het.
Dink aan die sprong wat hier gemaak word. 'n Gewelddadige noodsituasie ontstaan op 'n vliegtuig. Passasiers beskryf hoe hulle vir hulle lewens gevrees het. Ondersoekers het steeds vrae om te beantwoord. Tog beweer mense wat ver van die vliegtuig af was reeds dat hulle weet Israel het dit in die geheim georganiseer. Dit is basies nog nie eers 24 uur na die insident nie, dat die antisemiete Israel blameer en dit 'n “false flag” -aanval noem, en dat almal nou skielik lugvaartdeskundiges is, en dat wat gebeur het en getuig is deur passasiers onmoontlik is.
Die logika is as volg:
Jode verloor = hulle verdien dit
Jode wen = dit was beplan en kan nie waar wees nie.
Ek dink mense moet maar net eerlik met hulself wees
Mense moet maar self besluit wie en wat hulle wil glo. Suid-Afrika is immers 'n vry land. Maar wanneer jy net nie kan aanvaar dat 'n groep mense of volk enigsins iets goeds kan doen nie, dan moet jy jou standpunt heroorweeg.
Daar is ook 'n ander moontlikheid om te oorweeg, dalk net dalk was hierdie een groot wonderwerk en dat die God van Abraham, Izak en Jakob nog steeds met Sy mense is en hulle nooit verlaat het nie.

Nog artikels op OntLaer:

Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
INTEKEN OPSIES:
Wil jy stukke soos die direk in jou inboks ontvang – weekliks of daagliks – en terselfdertyd ons werk ondersteun? Kies hieronder jou voorkeur.







