3 Comments
User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Daniël, jy raak darem 'n groot waarheid hier aan. Soms is dit amper lagwekkend hoe "bleeding heart" veral sommige links-liberales kan wees oor optredes wat goeie uitkomste het, maar nie binne hul onrealistiese denkrame inpas nie. Jy noem goeie internasionale voorbeelde. Daar is natuurlik nog baie ander ook. Dit gaan byvoorbeeld my eie - hopelik gesonde en praktiese - verstand te bowe dat Israel gekruisig word uit daardie selfde sirkels omdat hulle dit kon waag om te reageer nadat hul land binnegeval is, hul mense koelbloedig vermoor is, ontvoer is en soos diere in tonnels aangehou is onder haglike omstandighede. Die konflik in Iran is nog 'n voorbeeld. Hoe op aarde veroordeel mens Israel en Amerika wanneer hulle 'n uiters wrede, tiranniese, terroristeregering wat 'n BEWESE bedreiging deur proksies vir buurlande inhou; en hul eie burgers onderdruk, teregstel, in tronke gooi en martel; aanvat? Hoe op aarde kan mense sulke verwronge denkwyses enigsins begryp? Of voorbeelde vanuit Amerika, waar kriminele elemente wat onwettig in die land is beskerm word ten koste van die wetsgehoorsame burgers? Of voorbeelde uit Brittanje waar jong dogters se verkragters beskerm word omdat hulle onaantasbare status verwerf het, op grond van wat? Omdat dit nie polities korrek is om "andersoortiges" aan te vat nie, want dit skend hul "regte", selfs al het hulle Brittanje op baie bedenklike wyse binnegesypel? Ag nee wat, Daniël, sulke denke en optredes - of gebrek aan optredes - is om van naar te word. Ek kan maar net 100% met jou redenasies saamgaan...

Stephan's avatar

Die twee leiers se kaliber-gehalte is uitsonderlik. Ons val ver te kort in Suid-Afrika

Pieter's avatar

Dit sou na my mening fantasties wees as SA 'n kombinasie van Milei en Bukele taktiek sou kon uitoefen. En dan as derde ingreep, landsgrense beveilg teen die influks van onwettige immigrante. Blykbaar tans volgens Rica, 27 miljoen met lande soos Mosambiek, Botswana, Lesotho, Swaziland en Zambië nog nie bygetel nie.