Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Baie dankie, Hügo. Ek verstaan nou vir die eerste keer regtig waarom die ANC so gek is oor Iran. Klink of Iran se ekonomiese model een van die dinge is waaroor die ANC sal droom! Ook natuurlik Iran se totale houvas op die burgerlike bevolking.

Wat niemand egter tot dusver vir my kon antwoord nie, is of die Iranese burgerlikes nou slegter of beter daaraan toe is as voor die oorlog; of is hulle maar bloot net weer waar hulle was? In my onkunde dink ek hulle sal dalk slegter af wees, want die rebelle onder hulle moes hulself nou bekend gemaak het aan die Revolusionêre Wag? Sal daar vergelding wees?

Hügo, jy sal my asb. meer moet veduidelik hoe wat jy in die volgende aanhaling sê, vir 47 jaar nie 'n teenrewolusie kon laat slaag nie? Of is dit soos die Afrikaner-minderheid dit reggekry het om ten minste vanaf 1948 vir omtrent dieselfde tydperk die meerderheid onderdanig te gehou het in Suid-Afrika, nl. met geweld? Wat is die kanse in jou opinie dat Iran ook 'n 1994 kan beleef soos in Suid-Afrika? Moet die burgerlikes daar maar net aan hul lot oorgelaat word, of is hulle ook geregtig op internasionale steun soos wat die ANC geniet het en wat 1994 help fasiliteer het? Wat kan sodanige effektiewe steun behels as oorlog nie die antwoord is nie?

"Ek het Iran by verskeie geleenthede besoek en is telkens getref deur die diepte van demokratiese instinkte onder sowel die bevolking as die diaspora. Tog het dekades van sanksies, isolasie en 'n diepgaande gevoel van nasionale vernedering die groei van die Iraanse burgerlike samelewing geknou.

Selfs onder die Iraanse diaspora, intellektueles en in hul media-uitlatings, waar eise vir politieke openheid gereeld voorkom, is daar merkwaardig min bespreking van markte of ekonomiese liberalisering. Hierdie afwesigheid is betekenisvol in 'n land wat eens in die middel van die Syroete gestaan het en waar die meerderheid mense vandag as dag-tot-dag handelaars in die basaars werk."

No posts

Ready for more?