Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Hügo, die werklike stand van sake in die Straat van Hormoes is beslis hoogs vewarrend, soos jy tereg sê. Die hele operasie is erg gekompliseerd met so baie veranderlikes wat uitkomste voortdurend beïnvloed. Een ding wat ons weet is dat die verkeer vrek stadig vloei. Dis natuurlik goed ten einde Iran ekonomies/finansieel te laat intuimel. Maar terselfdertyd skaad dit ongelukkig die wêreldekinomie. Vir sekere lande wat geskaad word, voel ek nie eens amper jammer nie. China is beslis een van daardie lande, met hul olie-vir-wapens onderduimsheid wat Iran aanbetref. Ek begin ook simpatie verloor met Europa wat hard getref word. Hulle het oor die jare met min uitsonderings regtig paties geword. Soveel so dat ek deesdae amper skaam raak dat my voorgeslagte van Europeuse oorsprong is. Nie net het hulle hul kuturele erfenis begin prysgee met hul verwelkoming van volksvreemde massas in hul midde nie, maar hulle het myns insies ook vir Amerika in die steek gelaat. As toenemende linksgesinde lande, wil baie Europese, NAVO-lande, liewers 'n blinde oog draai na die bedreiging van Iran en die Moslemwêreld oor die algemeen vir die Westerse Beskawing en Westerse Waardes. Dit klink soos Hussein Obama en ou Sleepy Joe se houdings om maar bloot anderkant toe te kyk, of 'n WESENTLIKE gevaar soos Iran se bedreiging te sagtens te probeer hanteer. Hoeveel keer moet die les weer en weer geleer word dat jy nie met radikale Moslems en terroriste in goeder trou kan onderhandel nie? Hul probleemoplossingsmodus is geweld, en net met groter teengeweld en totale onthoofding van die groot slang en al sy kleiner slangetjies kan mens hul fanatiese oogmerke stop. Die Hitler-geskiedenis en die Imperiale-Japangeskiedenis het dit tog sekerlik vir ons geleer.

Baie dankie vir jou stimulerende opiniestopuk, Hügo. Dit maak lekker en belangrike gesprekke moontlik ten einde ons wêreld beter te verstaan.

No posts

Ready for more?