Eugene, ons sien Trump beslis op sy slegste in terme van sy openbare optredes. Hy kom nóg meer narsisties voor as gewoonlik. Sy uitsprake is nóg meer oordrewe en blyk baie onnadenkend te wees. Hy praat ook rond en bont, met weinig konsekwentheid, met een uitsondering: IRAN SAL NIE KERNWAPENS KRY NIE.
Verder spring hy rond wat omtrent elke ander aspek van die konflik aanbetref: spertye of geen spertye nie; dan mag Israel, dan mag hulle nie; dan gaan hy die Iranese beskawing vernietig, dan gaan hy eerder onderhandel; dan het Iran ingestem tot sy eise, dan het hulle nie; dan is die Straat van Hormoes oop, dan is dit nie; ens.
Ek dink my bogemelde kritiek sluit nou aan by jou bekommernisse en duidelik ingeligte waarnemings.
Ek is egter nie oortuig dat die oorlog nie nodig was nie. Die kernwapengevaar is nie iets wat opgemaak is soos Irak se sogenaamde "Wapens van Massavernietiging" nie. Iran het 'n té bewese rekord van bose intensies. Sy onverbloemde Israel-haat en bewese finansiering van proksies om Israel te vernietig, is genoeg bewys daarvan.
Die moontlikheid van Die Bom in Iranese hande hul en daadwerklike pogings om die Staat van Israel te vernietig, was myns insiens voldoende rede vir Trump/Israel se optredes.
Die oorlog is nog lank nie gewen nie, soos jy tereg gesê het, maar sonder twyfel het Iran se bose ambisies 'n helse terugslag ervaar. Dit opsigself is reeds goed genoeg in my opinie. Selfs al onttrek Amerika nou op hierdie oomblik, dink ek dat Israel in besonder beter daaraan toe sal wees as voor die oorlog. As Israel gesien word, soos ek Israel sien, as 'n ligpunt in die Midde-Ooste wat gehelp moet word om die Iranese pogings om radikale Islam oral te probeer vestig, beginnende in die Midde-Ooste en dan elders ook, te keer, dan was die oorlog in my opinie geregverdig.
Ek is ook van anderse opinie oor of Amerika sy beeld verbeter of versleg het met sy optrede nie. Kom ons wees eerlik: Amerika was nog nooit geliefd op groot skaal in die wêreld nie. Daar is baie redes daarvoor, wat 'n debat op sy eie sal regverdig, maar ek dink die meestal ongewilde Amerika het met sy huidige optrede in die Midde-Ooste ALREEDS sy "aansien" in die wêreld verder versterk: daardie "aansien" gaan nie oor liefde vir Amerika nie, want Amerika is oor die algemeen in elk geval nie geliefd in die wêreld nie; maar die aansien van Amerika as 'n fenominale militêre mag is beslis bevestig met hul huidige veldtog. Sinies beoordeel, was/is dit ook 'n wonderlike geleentheid vir Amerika om sy militêre magte oorlogsgereed te kry; oefening in werklike krygkuns te gee; en hul fenominale wapentuig uit te toets onder oorlogtoestande. As die wêreld die vreedsame plek was wat ons graag wil hê dit moet wees, sou ek dalk nie so 'n stelling gemaak het nie. Maar as ek moet kies tussen Amerikaanse militêre magsopbou en die van Iran, Rusland of China, dan weet ek op wie my keuse sal val.
As Tump- en Republikeinse Party-ondersteuner vrees ek ook vir die middeltermyn-verkiesings. Die meningsopnames lyk nie goed nie. Maar dit bevestig weereens in my boek hoeveel ruggraat Trump het: hy moes sekerlik voorsien het wat die negatiewe invloed van sy avontuur in Iran op die uitkomste van daardie verkiesings sou kon hê. Nogtans het hy voort gegaan, om die goeie redes, in my opinie, waarna ek bo verwys het.
Ten slotte dink ek die ekonomiese wurggreep op Iran is die meesterstuk. Selfs hoogs tiraniese regimes kan nie lank uithou as hul geldkrane toegedraai word nie. Sonder daardie lewensbloed sal die adder wat Iran is, nie juis vir lank meer kan uithou nie...
Hallo Piet, baie dankie vir jou kommentaar. Dis altyd waardevol. Ja, Trump se gesondheid (fisies en gee) bekommer my. Ek het nou al heelwat ontledings daaroor gekyk en daar is beslis iets fout en ek vermoed hy is onder hewige medikasie. Die manier hoe hy loop, staan en praat het drasties begin verander. Kyk, mens kan oor baie goed debatteer want mense sien dinge verskillend.
Eerstens is die matige mense in Iran nou dood of kant toe geskuif en die meer fanatiese IRGC is ten volle in beheer terwyl Amerika besig is om duur wapentuig te vermors op hierdie oorlog en daar is nog nie 'n grondoorlog nie. Iran maak dit goedkoop en China en Rusland verleen ook reeds bystand. Vandaar die skietstilstand en dooiepunt met onderhandelinge. Iran gaan waarskynlik hierdie ding uitrek tot die verkiesing sodat Trump se mag geknou is.
Amerika misgis hulle altyd met offensiewe oorloe (Viernam, Irak II en Afganistan) en val dan vas. Daar is ook 'n groot verskil tussen intensie en retoriek en werklike aanvalle. Iran het inderdaad kwaad gestook in die Midde-Ooste maar nooit kern- of ander wapens gebruik teen Amerika of Israel nie. Nog net Amerika het kernwapens gebruik. Daar is 'n rede hoekom vorige presidente (selfs Trump in sy eerste termyn) nooit militer teen Iran opgetree het nie. Hulle is baie gevaarliker as bv. Irak om aan te val en veg nie simmetriese oorloe nie. Ons sien reeds die gevolge hiervan uitspeel. Hulle het ook vir agt jaar 250 000 mense in die 80's in die oorlog teen Irak opgeoffer en nooit chemiese of kernwapens teen hulle gebruik nie al het Saddam dit met hulle gedoen. Hulle kan nog baie pyn verduur en is nie onderhewig aan verkiesings en ander middele om hulle te temper nie. Hulle mag dalk nou daaraan dink om kernwapens te ontwikkel en so ook ander skurkstate. China en Rusland kan ook hier ingetrek word sodat 'n streeksoorlog uitkring.
Eugene, ek hoop Marco Rubio volg Trump op. Hy beïndruk my geweldig.
Wat kernwapens aanbetref, dink ek nie Trump sal sy rooilyn daaroor kan wysig nie. Dit sal hom totaal en al swak laat lyk. Dit kan hom selfs meer steun laat verloor as sy verdeelde aandag weens die stryd teen Iran, wat hom binnelandse politiek laat afskeep, soos jy tereg opgemerk het. Tog dink ek die onlangse aanval by die hotel, het weer hernieude simpatie vir hom terug gewen. Ek dink ook Koning Charles se besoek het op 'n goeie tyd vir Trump plaas gevind.
Hallo Piet, ek hou ook van Rubio en hoewel hy glo gekant was teen hierdie oorlog, lyk dit asof sy politieke loopbaan een van die vele gaan wees wat hierdeur geraak gaan word. Ditto JD Vance.
Ek dink nie Trump sal amptelik sy retoriese rooilyne oor kernwapens laat vaar nie (ek sou ook nie want dit gee Iran nuwe moed), maar ek twyfel sterk of hy dit sal gebruik teen hulle. Hy het dit nie sover gedoen nie al het hy gedreig. Daar is ook baie vrae oor die sluipmoordpoging. Hoe het die ou sommer net daar in gehardloop en hoe het hulle sy manifes so vinnig gekry en hoekom het die geheime diens soveel keer mis geskiet? Ook: Hoekom het Trump daardie funksie bygewoon nadat hy dit vir jare nie bygewoon het nie en direk na die aanval voorspraak vir die koeelvaste balsaal gemaak? Maar net 'n paar vrae wat nie net ek besig is om te vra nie.
Dit lyk of Trump nou baie naarstiglik na uitkomskans uit hierdie situasie soek want die openbare mening in Amerika is besig om skerp teen die oorlog te draai voor die middeltermyn-verkiesings. En niks behalwe ekonomiese skade is sover bereik daarmee nie.
Dankie vir jou insette. Dis belangrik dat ons aanhou beskaafd debatteer hieroor en ander sake.

My voorkeur is dat Trump eerder aan binnelandse kwessies aandag gee want dis hoekom hy in 2024 gewen het.