Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Eugene, ons sien Trump beslis op sy slegste in terme van sy openbare optredes. Hy kom nóg meer narsisties voor as gewoonlik. Sy uitsprake is nóg meer oordrewe en blyk baie onnadenkend te wees. Hy praat ook rond en bont, met weinig konsekwentheid, met een uitsondering: IRAN SAL NIE KERNWAPENS KRY NIE.

Verder spring hy rond wat omtrent elke ander aspek van die konflik aanbetref: spertye of geen spertye nie; dan mag Israel, dan mag hulle nie; dan gaan hy die Iranese beskawing vernietig, dan gaan hy eerder onderhandel; dan het Iran ingestem tot sy eise, dan het hulle nie; dan is die Straat van Hormoes oop, dan is dit nie; ens.

Ek dink my bogemelde kritiek sluit nou aan by jou bekommernisse en duidelik ingeligte waarnemings.

Ek is egter nie oortuig dat die oorlog nie nodig was nie. Die kernwapengevaar is nie iets wat opgemaak is soos Irak se sogenaamde "Wapens van Massavernietiging" nie. Iran het 'n té bewese rekord van bose intensies. Sy onverbloemde Israel-haat en bewese finansiering van proksies om Israel te vernietig, is genoeg bewys daarvan.

Die moontlikheid van Die Bom in Iranese hande hul en daadwerklike pogings om die Staat van Israel te vernietig, was myns insiens voldoende rede vir Trump/Israel se optredes.

Die oorlog is nog lank nie gewen nie, soos jy tereg gesê het, maar sonder twyfel het Iran se bose ambisies 'n helse terugslag ervaar. Dit opsigself is reeds goed genoeg in my opinie. Selfs al onttrek Amerika nou op hierdie oomblik, dink ek dat Israel in besonder beter daaraan toe sal wees as voor die oorlog. As Israel gesien word, soos ek Israel sien, as 'n ligpunt in die Midde-Ooste wat gehelp moet word om die Iranese pogings om radikale Islam oral te probeer vestig, beginnende in die Midde-Ooste en dan elders ook, te keer, dan was die oorlog in my opinie geregverdig.

Ek is ook van anderse opinie oor of Amerika sy beeld verbeter of versleg het met sy optrede nie. Kom ons wees eerlik: Amerika was nog nooit geliefd op groot skaal in die wêreld nie. Daar is baie redes daarvoor, wat 'n debat op sy eie sal regverdig, maar ek dink die meestal ongewilde Amerika het met sy huidige optrede in die Midde-Ooste ALREEDS sy "aansien" in die wêreld verder versterk: daardie "aansien" gaan nie oor liefde vir Amerika nie, want Amerika is oor die algemeen in elk geval nie geliefd in die wêreld nie; maar die aansien van Amerika as 'n fenominale militêre mag is beslis bevestig met hul huidige veldtog. Sinies beoordeel, was/is dit ook 'n wonderlike geleentheid vir Amerika om sy militêre magte oorlogsgereed te kry; oefening in werklike krygkuns te gee; en hul fenominale wapentuig uit te toets onder oorlogtoestande. As die wêreld die vreedsame plek was wat ons graag wil hê dit moet wees, sou ek dalk nie so 'n stelling gemaak het nie. Maar as ek moet kies tussen Amerikaanse militêre magsopbou en die van Iran, Rusland of China, dan weet ek op wie my keuse sal val.

As Tump- en Republikeinse Party-ondersteuner vrees ek ook vir die middeltermyn-verkiesings. Die meningsopnames lyk nie goed nie. Maar dit bevestig weereens in my boek hoeveel ruggraat Trump het: hy moes sekerlik voorsien het wat die negatiewe invloed van sy avontuur in Iran op die uitkomste van daardie verkiesings sou kon hê. Nogtans het hy voort gegaan, om die goeie redes, in my opinie, waarna ek bo verwys het.

Ten slotte dink ek die ekonomiese wurggreep op Iran is die meesterstuk. Selfs hoogs tiraniese regimes kan nie lank uithou as hul geldkrane toegedraai word nie. Sonder daardie lewensbloed sal die adder wat Iran is, nie juis vir lank meer kan uithou nie...

4 more comments...

No posts

Ready for more?