"All animals are equal but some are more equal than others." - Animal farm, George Orwell
Jammer dat hierdie stelling altyd relevant bly. Na 14 jaar in staatsdiens in 'n hospitaal êrens in die Vrystaat kan ek met oortuiging bevestig dat sommige lewens meer werd is as ander. En dat armoede jou van baie meer as geld en besittings beroof.
Alhoewel my compassion fatigue nou redelik sy piek bereik, probeer ek steeds rou oor elke arm lewe wat beter verdien het.
Laat ons nooit mekaar se menslikheid vergeet nie.
Wat my altyd uit my gemak uit ruk na sterfte of swaarkry wanneer my brein wil dehumanize vir oorlewing, is iemand se goedjies. Hul toiletries, klere, bril, beursie of skoene. Ek sal dink ja nè, so is die lewe maar. En myself dan dwing om na hul goedjies te kyk. En te onthou hierdie arm mens was 'n mens. Met keuses en geliefdes en goedjies wat hul gekoop het en gebring het en wat iemand nou moet kom haal.
Wow, ek wat al net vir 3 jaar in 'n Staatshospitaal werk kan erg relate met hierdie comment. Daai toiletries tref hard. Daar's min beroepe soos medies wat mens die onreg van die lewe laat proe, en donner dit proe sleg! Dis nodig dat meer Suid-Afrikaners net met arme mense praat; in hul shacks gaan Joko tee met poeiermelk drink, met hulle sokker speel en sien dat hulle ook mense is, en dat dit eintlik hulle is wat die reg het om te kla oor die land, nie ons rykes in 3 verdiepinghuise nie.

Dankie vir die berig.