3 Comments
User's avatar
Stephan's avatar

20 jaar gelede help ek 3 hoërskoolleerlinge vanuit verskillende skole - wat akademies sterk gestaan het – wie geweldige probleme ondervind het in die vakgebied van ‘’Rekeningkunde’’. Ek het al 3 se leermateriaal in detail bestudeer, en besluit om ALLES te ignoreer, en te begin met die absolute basiese raamwerk van beginsels: dit was in my vrye tyd en sonder vergoeding, want ek wou self agterkom, waar die probleem nou lê. Ekself was op daardie stadium in die Rekeningkinde en Ouditsfeer in die korporatiewe wêreld na klerkskap by ‘n ouditfirma in die 1990’s. Die probleem was nie by die leerlinge nie, maar in die sisteem self, was my gevolgtrekking. My verbasing was groot, toe ek agterkom, dat by al 3 ‘n groot gebrek aan insig bestaan in basiese beginsels (al 3 toe alreeds in Graad11/12), wat direk toeskryfbaar was aan die kurrikulum wat homself te hóóg probeer voordoen, maar meesterlik verskuild voorkom onder ‘n baie gemaklike vorm van onderwys. En die onderwysers was netso skuldig, was my slotsom, in hul aanbieding. Al 3 leerlinge het daarna uitsonderlik presteer tot my verbasing. Maar om aan die Minister van Onderwys te probeer verkoop dat daar waarlik ‘n geweldige probleem bestaan in beide die vorm en benadering tot fundamentele beginsels in die kurrikulum, is om jouself aan terroriste te probeer verkoop, as mens so ‘n ongemaklike en onsinnige vergelyking kan gebruik. Want dit is presies waar die probleem is: ‘n onsinnige selfregverdiging.

Daar is wel heelwat leerlinge wat goed presteer, maar ‘n baie groter deel voel ‘ontspoord’, en met rede. Dit is ongelukkig nie net in die vakgebied van ‘’Rekeningkunde’’ nie, maar in baie ander vakgebiede ook, soos Ekonomie en Geskiedenis, ensomeer. Die kinders word gekaap met ‘n partydige vorm van vele ideologieë in die onderwys, en hul glo hul ‘’ken’’ die sogenaamde volle prentjie. Die probleem is dus baie, baie dieper in die Opvoedingsfeer, waar ‘‘opgevoede kinders’’ onder die invloed van ‘n mengeldrankie van vele invloede verkeer, en dit gebeur so onder die neus van die ouers. Maar miskien is dit die groter probleem reeds vir geruime tyd: ‘n middeljarige en bejaarde groep – selfs vanuit Afrikaans geledere – wat veel meer waarde vind in wat sosiale media en televisie opdis, as om hulself op te voed om hul eie gebrekkige raamwerke van kennis te verdiep en te verbreed. Die hele land het ‘n heropvoeding nodig, maar glo dit nie. En dit spreek van ‘n ‘’tydbom’’ wat rustig ‘’tick’’, tot op ‘n dag.

PIET DU PLESSIS's avatar

Bouwe, jou duidelike bekommernisse en besware oor die stand en rigting van onderwysbeleid in Suid-Afrika is baie geldig. Daar is beslis propagandistiese- en beplande indoktroneringsmotiewe agter die rigting wat ingeslaan word - en vir lank al afgedwing word deur 'n ANC-regering; wat eerder NIE 'n bevolking wat krities en objektief kan dink, wil hê nie. Oningeligte of waningeligte of eensydig-geïndoktrineerde landsburgers, vind dit moeiliker om deur die ANC se bedrog op alle terreine te kan sien; of om daarteen beswaar te wil maak. Tewens, die Nazis se Goebbels - en die Kommuniste se propaganda-masjienerie, tot vandag toe nog - bewys mos hoe effektief dit kan wees en wat die tragiese uiteindes daarvan altyd is. Maar natuurlik is veral die Sowjetunie en die Iranese modelle mos hoe die ANC dinge wil doen.

Bouwe, jou pleidooi vir meer en beter georganiseerde opstandigheid TEEN die ANC-dogma het baie meriete en mens kan maar net hoop dat daar uit die geledere van onderwyskundiges/opvoedkundiges meer gedoen sal word om die skade te probeer beperk; of selfs beweging in 'n teenoorgestelde rigting te bewerkstellig, met beter samewerking en koördinering.

Oplaas is ek egter van mening dat Suid-Afrika nie gou (of ooit?) 'n SENTRALE staatsbestel sal hê wat jou ideaal verwesentlik nie. Daarom is ek so ten gunste van baie groter selfbeskikking. Ek is van mening dat meer outonome kulturele entiteite, wel baie sal kan help om die doewitte wat jy gestel het te bereik. In ons uiters diverse land, kan ons eenvoudig nie vertrou dat een setrale regering met mag oor alles en almal, die regmatige aspirasies van sub-groepe OOIT sal respekteer nie. Alternatiewe reëlings moet aldus nagesteef word, soos wat deur bv. Lex Libertas nagejaag word. As daar dan groepe is wat verkies dat hul voorouers se vertellings, soos van geslag tot geslag verbaal oorgedra is rondom vure in die krale van die voorouers, aan hul eie kinders oorgedra word, waarom dan nie. Maar ek sou eerder die stories wat opgeteken is en nagevors is vir korrektheid, wat in die laers van bv. my Voortrekkervoorsate vertel is, wil sien as deel van my eie kleinkinders se skoolopvoeding. Ek kan jou 'n brief gee dat Orania se kinders aansienlik anders opgevoed word in hul skole as die kinders in die ander skole in Suid-Afrika. En selfs waar hulle gedwing word om vir doeleindes van erkenning van kwalifikasies eensydige-geïnterpreteerde geskiedenis te moet inkry, sal die onderwysers 'n punt daarvan maak om perspektief te verskaf. Elders, in klasse met gemengde kulture in baie ander skole in Suid-Afrika, word Afrikaner-kinders verkleinneer deur die eensydige opdissing van vergrype van die verlede, waaroor hulle geensins beheer gehad het nie; en geensins voor verantwoordelik gehou kan word nie. Maar die vergrype van die ANC gedurende die resente verlede, word natuurlik verswyg. En hoeveel onderwysers in multi-kulturele klasse sal hul loopbane op die spel plaas deur NIE net die amptelike staatsleerplan/staatspropaganda slaafs te predik nie? Net een vals klagte dat 'n onderwyser bv. "apartheid goedpraat", kan 'n onderwyser sy of haar werk laat verloor en met een helse ettiket om die nek as "rassis", in werklikheid weggejaag word...

Bouwe van der Eems's avatar

Daar is nie 'n verenigde front teen staatsbeheer oor onderwys nie. Ek onderneem om in 'n volgende artikel 'n analise te gee van hierdie probleem.