Daar moet ook in ag geneem word dat akoestiek ‘n belangrike rol in die argitektuur gespeel het. Die Groote Kerk in Kaapstad kan meer as ‘n duisend mense akkomodeer. Die gebou en preekstoel is so ontwerp dat almal die dominee kon hoor sonder luidsprekers. Ek wonder of argitekte vandag nog die vaardighede het om sulke geboue te ontwerp.
Dis 'n goeie punt. Baie dankie, Bouwe. Jou opmerking oor die verhouding tussen argitektuur en akoestiek laat my 'n bietjie terugdink aan die kerk waarin ek grootgeword het. Ek onthou die preekstoel as ’n verhoogde element wat op ’n hoër vlak as die res van die kerkruimte gestaan het. Baie ou kerke het dit. Krugerkerk en NG Kareedouw is maar voorbeelde hiervan.
Die kerk waarin ek was se preekstoel is tydens my tienerjare afgebreek, waarvan daar slegs ’n plat fondasie oorgebly het. Dit laat my nou dink aan hoe kerke ontwerp is en watter impak tegnologie en stelsels op die argitektuur het.
Ek wonder ook hoeveel argitekte in kerkargitektuur spesialiseer. Nie net vaardighede om dit uit te skets en te bou nie, maar om die kerk in stand te hou?