Sjoe, is hierdie skryfsel wat die OntLaer-redaksie sien as "stadige joernalistiek"? Dalk moet die redaksie vir ons – die nuwe lesers – verduidelik wat hulle onder die term "joernalistiek" verstaan. Gaan OntLaer uit doelbewus polemiese opiniestukke (lees: emosionele betoë) bestaan?
Soos hierdie emosionele betoog wat op sy beste soos 'n politieke toespraak klink, en op sy swakste soos 'n skoolredenaarskompetisietoespraak? Ek verwys maar na metaforiese vergrype soos "die gifbeker van die Britse Ryk", of "Apartheid - die duiwel se ooreenkoms", of "die verraad van 1994". Of die gebruik van retoriese clichés soos "Moenie X doen nie; doen Y". Of die herhaaldelike gebruik van retoriese truuks soos "The Rule of Three", anadiplosis en antanagoge (om maar drie te noem)? Of erger: Om sy/haar/hulle regverdiging van Apartheid te probeer verdoesel met: "Hierdie is nie 'n regverdiging van apartheid nie." Want enigiets wat 'n mens nou gaan sê oor sy/haar/hulle growwe opmerkings oor Apartheid, gaan maar net weggeveeg word met: "Ek het mos gesê: Hierdie is nie 'n regverdiging van apartheid nie" ... Ek sou meer respek gehad het vir iemand wat by sy/haar/hulle standpunt staan as iemand wat agter die rokspant van 'n (deursigtige!) skuiwergatstelling skuil ... 'n Mens kan seker nie veel anders verwag van iemand wat agter 'n skuilnaam skuil nie? Dit sê eintlik gewoon alles ...
Of is die lesers wat OntLaer voor oë het mense wat nie dwarsdeur sulke stomp retoriese truuks sien nie? Lesers wat emosionele betoë vir soet, intellektuele koek opeet?
Ek hoop dis deel van groeipyne. Vir eers het julle daarin geslaag om my as leser te waarsku dat die pakkie nie noodwendig die bestanddele wat op die pakkie staan, bevat nie. As ek nou deur die bril van hierdie skryfsel na van die redaksionele stellings kyk, dan lyk 'n klomp daarvan tog anders gekleurd as wat aanvanklik voorgehou is. Veral ook as die redaksie in hulle nuusbrief hierdie stuk uitsonder en aanbied as 'n stuk wat "'n oorsig oor ons geskiedenis" gee, en as 'n beskrywing in "genuanseerde terme". Daar is myns insiens min genuanseerd hieraan.
Ek hou vir eers nog die moed dat OntLaer nie die lesers sal onderskat nie ...
Sjoe Gerhard, jou kommentaar klink darem ook vreeslik baie soos iemand wat uit die gemak van sy eie ideologiese laer reageer.
As die artikel jou so roer, is dit dalk 'n teken dat jy self 'n reaksie daarop moet skryf? OntLaer lyk darem na die regte plek vir daardie soort oop gesprekke.
Witmense gaan kort voor lank daal tot minder as 5 % van die populasie en eintlik maar irrelevant word op die lange duur in Suid-Afrika, behalwe nou vir die klein groepie ultra rykes.

Goed gestel, Gerhard.
Keurige vertaalwerk! Stadige joernalistiek wat boonop rol op die tong.