Een ding wat my egter opval (nie spesifiek in jou artikel nie, maar in die breër debat), is die klaarblyklike aandringing van nie-Amerikaners dat hulle vir Amerika kan voorskryf watter immigrasiebeleid Amerika moet bedryf.
Israel het 'n pro-joodse immigrasiebeleid.
Indië versnel burgerskap vir nie-Moslem minderhede van Afghanistan, Bangladesj en Pakistan, en bevoordeel spesifieke geloofidentiteite.
In Duitsland gee die “Aussiedler”-wet etniese Duitsers van Oos-Europa voorkeur vir immigrasie en burgerskap.
Japan en Suid-Korea gee soms voorkeur aan etniese Japannese/Koreane in die diaspora vir terugkeer-migrasie.
Dit is 'n moderne idee dat 'n staat glad nie moet onderskei tussen kultuur of etnisiteit as dit by immigrasiebeleid kom nie, en die tyding het beslissend daarteen gedraai in Europa en Amerika.
In Europa klou die elites en establishment nog aan die ou orde met sy platitudes, maar die wending op voetsoolvlak is nie meer ignoreerbaar nie.
Beteken dit dat ek dink Afrikaners is werklik vlugtelinge? Dis debatteerbaar en ek sou eerder sê nee, maar dat Afrikaners 'n kwesbare minderheid is, is myns insiens 'n onbetwisbare feit.
Waarmee ek volhartig saam stem is dat die debat oor wie mag en nie mag vir die Afrikaner praat defentief ons identiteit in die werklike Nuwe Suid-Afrika skep. Hoe opwindend om te dink dat die kultuur by kruispad is. Of die kultuur gaan terug keer na Nationalistiese gewoontes of werklik opnuut word is waarna ek uitsien.
Mens moet ook in ag neem hoekom beide die 40 nie-Afrikaner Afrikaners die ope brief geskryf het en hoekom AfriForum en kie. so graag hierdie debat voer. Daar is belange aan beide kante om hierdie soort spanning te skep en te onderhou.
Die 40 nie-Afrikaner Afrikaners is hoofsaaklik joernaliste, skrywers ens. en hierdie verhoog hulle profiel. Hulle baat dus direk by die blootstelling. Die virtue signaling wat daarmee saam kom is 'n bonus.
Vir AfriForum, hulle het die soort spanning nodig. Dit werf vir hulle lede en gee vir hulle bestaansrede. Hulle hele veldtog in die VSA baat hulle hier plaaslik. Dis ook hoekom hulle so bang is vir die gedagte dat massas Afrikaners VSA toe gaan. Hulle verloor beide ondersteuners wat maandeliks betaal en hulle verloor hulle inherente boodskap om te werk vir 'n vry en voorspoedige Suid-Afrikaner vir Afrikaners. As ons mosnet ons tassies kan pak en VSA toe gaan hoekom veg en bou mens vir Suid-Afrika en die Afrikaner hier.
Hierdie fight is nie alles performatief nie maar die opvoering help beslis al hierdie mense wat aan beide kante deel is van die Afrikaner elite. As jy vir Netwerk24 skryf, of jy nou Piet Croukamp is of Flip Buys, jy is deel van die Afrikaner elite, en hierdie fight help jou sak.
Die opebrief is ongevraagd en tipies van die Ivoortoring bewoners wat morele superieuriteit kaap en dan voorskriftelik wil wees oor wat "dom" Afrikanergepeupel moet en mag doen en dink. So ondermyn hulle alles, Afrikaans. So arrogant dat hulle selfs wil voorskryf aan die Amerikaanse Regering. Daar mag blykbaar nie Afrikanermigrasie wees nie punt. Ironies het hulle glad nie n mandaat nie, maar wys vinger na bv. Solidariteit ens. Wette soos Bella, BBBEE en Plaasmoorde word genormaliseer as regstelling (gelykmaking) of as net gewone misdaad. Ek sou graag die morele regverdiging wil sien van die 40 plus briefskrywers, waarom velkleur steeds n rol speel vir kinders gebore in 1994 en daarna. Waar een uit dieselfde klas mag en die ander nie, agv. n wit vel, net soos tydens apartheid. Die briefskrywers sien dit as "nasiebou".
Terwyl 32% plaasmoorde gepaard gaan met uiterse geweld en marteling, is dit dan nou kwansuis "normale" misdaad. Die duidelike vergeldingsmotief word onder die mat gevee. Selfs die Regskenners wat beter behoort te weet in die groep, ontken dit by verstek. Dan is geregtigheid selektief toepaslik. Die meeste martelings in SA word blykbaar toegeskryf aan SAPS, nie kriminele nie. Wat beteken dit in die Plaasmoord konteks? Maar wanneer daar nie statistieke beskikbaar is nie, kan dit (martelings) geplooi word na smaak en plaasmoorde afgemaak word as normaal. Dus is die ou groepie dieselfde klomp wat al vir jare projekteer hoe wonderlik en moreel hulle dan nou kwansuis is. Vreemd dat hulle nie "morele" briewe skryf oor die gemors indie land nie. Die oop en blote hipokrasie is nogal verstommend. Afrikaners veral die blanke soort moet net stilbly en die wang draai. Kla is rassisties. Ironies, terwyl die meeste van die briefskrywers ateiste is. En so word die "Afrikanergepeupel" ongevraag ewe narsisisties met mis, uit die hoogtes bestook en sleg-geskryf. En al wat hulle bereik, is punte by die ANC vir hulleself en anti-punte vir Afrikaners.
Goeie artikel Daniël.

Wat 'n lekker lees Daniël!
Waarmee ek volhartig saam stem is dat die debat oor wie mag en nie mag vir die Afrikaner praat defentief ons identiteit in die werklike Nuwe Suid-Afrika skep. Hoe opwindend om te dink dat die kultuur by kruispad is. Of die kultuur gaan terug keer na Nationalistiese gewoontes of werklik opnuut word is waarna ek uitsien.
Puik artikel.