Soveel insig en rigtingaanwysers. Het heelwat groter duidelikheid by my gevestig.
Bouwe, ek is opgewonde oor veral die hoop wat jy uitspreek dat werkende suksesstories die owerhede en wetmakers hopelik kan beïnvloed. Daar is bewese sukses van so 'n benadering wat partypolitiek en staatsadministrasie aanbetref: die DA het wel daarin geslaag om te bewys wat op die terrein van staatsadministrasie meer of minder werkbaar is. Maar daarvoor was politieke magsoorname nodig.
Die groter staat wat onderwys as politieke speelbal wil gebruik, is egter amper onmoontlik om te oortuig. Massa-onderwys is te waardevol as subtiele of minder subtiele propagandavoertuig. Die groter staat wíl dus ons kinders se pappa wees. Daardie hegemonie kan net stukkie vir stukkie weggekalwe word en jy wys op talle praktiese maniere hoe dit gedoen kan word: van onder af boontoe...
Ons sien die patroon oor en oor. Die staat beheer ‘n sekere sektor. Die staat faal. Dan word privaatspelers tot ‘n beperkte mate toegelaat. Oor tyd neem
privaatspelers oor. Dit het gebeur met telekommunikasie. Met pos en pakkies. Dit gebeur nou met energie.
Dit gebeur de facto met onderwys op ‘n klein skaal.
Privatisering in onderwys is egter moeiliker. Baie meen dat privaatskole ‘n goeie ding is, maar klou nog vas aan ‘n skoolstelsel met grade en geboue. As ons dit met energie kan vergelyk glo die mense nog in private steenkool kragsentrales terwyl sonpanele ge-ignoreer word.