3 Comments
User's avatar
Bouwe van der Eems's avatar

Dankie vir 'n netjiese oorsig van oppergesag van die reg. Miskien sou jy 'n verdere analise kon maak oor die bronne van die oppergesag van die reg.

Daar is verskillende bronne:

1) Jy haal enkele klassieke wysgere aan wat meen dat natuurreg die oppergesag moet he. Die probleem is egter dat daar geen duidelikheid is oor hoe ons moraliteit uit die natuur kan aflei nie.

2) As jy iets meer tydloos en goddelik soek, dan maak dit sin om 'n grondwet te basseer op die siviele wette van die Bybel. 'n Teoloog soos Rushdooney het heelwat daaroor geskryf.

3) Die Suid-Afrikaanse grondwet, wat so hoog aangeskryf word het niks met bogenoemde te doen nie. Dis eenvoudig die eindresultaat van onderhandelings, gebasseer op destydse persepsies van verskillende partye se mag.

Wat ons in die praktyk het in Suid-Afrika is oppergesag van vrees. Jy kan my artikel lees by https://www.ontlaer.co.za/p/die-oppergesag-van-vrees

Dirk Hagen's avatar

Dankie vir die kommentaar! U artikel is insiggewend en laat my dink aan die verkeersbeamptes in Stellenbosch wat vir obskure redes parkeerboetes uitdeel. Natuurlik durf studente dit nie bevraagteken nie, want geeneen wil so vroeg in die lewe aan die verkeerde kant van die gereg wees nie!

My verwysing na die natuurreg is gebaseer op die idee dat sekere beginsels van geregtigheid die positiewe reg voorafgaan. Sonder so 'n maatstaf sou dit moeilik wees om te verduidelik waarom die apartheidswette, hoewel wettig volgens die destydse Parlement, tog onregverdig was. Vandag sien ons die erkenning hiervan in Artikel 1 van ons Grondwet, waar deugdes soos menswaardigheid en gelykhied vervat word.

Wat u derde punt betref: u is korrek dat die Grondwet sy oorsprong in politieke onderhandeling het. Maar die regmatigheid van reg word nie bepaal deur sy oorsprong nie, maar deur sy ooreenstemming met regverdigheid soos Voet argumenteer. Die Grondwetlike Hof het in Fedsure en Dawood bewys dat die Grondwet wel tande het.

Die vraag is of ons dit in die alledaagse lewe handhaaf, en daar stem ek saam dat ons tans tekortskiet. My mening is egter dat die handhawing 'n gekombineerde poging van die wetgewer, howe én burgers moet wees.

Bouwe van der Eems's avatar

Dis interesant om die argument vir die natuurreg verder uit te pak. Natuureg veronderstel dat ons sekere universele morele waardes uit die natuur kan aflei. Jy noem waardes soos menswaardigheid en gelykheid. Daar is verskillende maniere waarmee ons morele waardes uit die natuur kan aflei.

1) Volgens Romeine 1:20 staan daar "Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die werel af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid,...". Die mens kan dus uit die natuur aflei dat daar 'n almagtige, alwetende en alomteenwoordige god moet bestaan. As jy dan na die openbaring van so 'n god gaan soek, gaan jy dit vind in die Bybel. In daardie Bybel staan daar dat die mense geskep is na die beeld van God. Op hierdie manier kon die grondwet by die konsep van menswaardigheid uitkom, en om die rede het die tussentydse grondwet begin met "In humble submission to almighty God."

2) Die finale grondwet het egter die verwysing na 'n almagtige god verwyder. Dalk beteken dit dat die grondwet aanvaar dat daar geen god is nie. Dan is alles eenvoudig die resultaat van evolusie. 'n Reeks toevallige gebeurtenisse oor miljoene jare. Dan is daar geen rasionele basis vir menswaardigheid nie.

3) Of die grondwet aanvaar dat daar wel 'n god is, maar ons weet nie wie hy is nie, en ons kan hom nie leer ken nie. Dan kan ons ook nie seker wees dat hierdie god enige waarde aan die mens heg nie. Dan raak dit ook moeilik om by menswaardigheid uit te kom.

As jy wil glo dat die grondwet iets meer is as 'n blote uitkoms van onderhandeling, gaan jy mooi moet nadink.