2 Comments
User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Skitterende artikel, Paul. Die skokkende aard van Zapiro se destydse "spotprent", wat skokgolwe veroorsaak het, is 'n toepaslike voorbereiding vir die ongemaklike feite wat in jou artikel uitgespel word.

Jou weerspieëling van ons eie situasie in terme van historiese gebeure in ander lande, is uiters behulpsaam om perspektief te behou.

Dis inderdaad waar wat jy as stille en geleidelike agteruitgang uitwys - maar ongelukkig dat dit dan ook gou en op dramatiese wyse kan verander in die perfekte storm.

Die positiewes wat jy uitwys, laat mens met groot dankbaarheid en ook met groot trots, want dit wys juis van watter stoffasie ons as Suid-Afrikaners gemaak is. Maar selfs die sterkste bome swig uiteindelik voor die stormwinde.

Dit sal uiters ironies wees as ons ook finaal gaan ineentuimel - wat ons elk op ons eie manier probeer verhoed - siende dat die skrif al vir so lank aan die muur is. Ek lees al vir meer as 20 jaar die ongelooflikste advies wat GRATIS gegee word om juis te keer dat die boom omwaai. En dis advies wat ook met feite en voorbeelde demonstreer hoe die boom nie net staande gehou kan word nie, maar hoe dit ook beter en vinniger aan die groei gekry kan word. Ook hoe nuwe bome aan die groei gekry kan word, tot almal se voordeel...

Paul Maritz's avatar

Baie dankie Piet, ek is en bly positief oor SA se vooruitsigte, maar 'n groot skoonmaak is eers nodig. Ek dink nie dat ineenstorting op pad is nie, maar ons moet skouers aan wiele sit. Dankie vir die saamlees!