6 Comments
User's avatar
Pieter's avatar

Hans Pienaar-

Ek dink jy trek verniet jou agterend in 'n knop. Die 44 wat toe nou "mosterd na die maal" hard gewerk het om gravitas te verleen aan 'n ongevraagde kommentaar deur pro-aktief nou by 'n "verbysterende" 1600 stemme gewerf, uit te kom, verteenwoordig steeds niemand nie. Dit sluit laatkommers soos jy in. Lagwekkend dat die 1600 dan nou legitimiteit verleen. Dr Brink kan homself verdedig. Dus is ek bevrees jou skrywe sê veel meer oor jou, as oor hom. Jy is nogal liggeraak wanneer jou eggokamer ontbloot word vir wie en wat hulle is. Julle arrogansie en snobisme en gewaande morele superioriteit is ongevraag en doen meer skade as goed. Behalwe daarvoor, is ons (die miljoene vs 1600 - sluk dit) te hard besig met belangriker goed. Julle briefies wat poog om sosiaal/politiese manipulasie en om julle hogere "moraliteit" te bewerk is deursigtig. Om al vingerswaaiend alias PW die gepeupel uit te trap, is hoogs irriterend en oneffektief. Dus ... jy weet wat om te doen.

Expand full comment
PIET DU PLESSIS's avatar

Ek dink jy slaan die spyker op sy kop, met veral jou volgende woorde, Pieter: "Julle arrogansie en snobisme en gewaande morele superioriteit is ongevraag en doen meer skade as goed. En..."Julle briefies wat poog om sosiaal/politiese manipulasie en om julle hogere "moraliteit" te bewerk is deursigtig. Om al vingerswaaiend alias PW die gepeupel uit te trap, is hoogs irriterend en oneffektief."

Die "Afrikaans-Woke-Groep, soos ek ongelukkig aan hulle dink, het beslis 'n probleem daarmee dat hulle nie meer alleen die narratief kan oorheers nie, maar het met skok uitgevind het dat daar ook ander is wat goeie stemme het - en wat toenemend gehoor word. En wat nog seerder maak vir hulle, is dat dit presies hul ongebalanseerdheid en gebrek aan ruggraat om "die ander kant van ongeregtheid" te WÍL raaksien, hulle nou ernstig begin diskrediteer. Ek dink dis niks minder as hul verdiende loën nie...

Expand full comment
Hans Pienaar's avatar

Sjoe, die skrywer klim darem hier op 'n perdjie. Watse kwalifikasie gee hom die reg of vermoë om medekommentators te beoordeel? Al sy kritiek kan op sy eie skrywes ook toegepas word. Feit is dat die aard van die media, waarvan Ontlaer deel is, vereis dat sekere sake weggelaat word, en ander beklemtooon word, as 'n reël.

Byvoorbeeld, ek vermoed dat die skrywer eintlik weer die 1600 ondertekenaars van die ope brief oor Afrikaners as Trump se uitverkore vlugtellinge wou bykom. Die eerste oneerlikheid is om die nuussiklus se behoeftes to probeer vermy deur sy skrywe te hang aan 'n geveinsde beoordeling van debatsgehalte. Die tweede is om hulle te reduseer tot 44. Die derde is om die vereiste te stel dat gefokusde (single-issue) ope briewe MA-tesisse moet wees. Die vierde oneerlikheid is om nie daarop te wys dat elke oorspronklike ondertekenaar al vir dekades lank skerp kritici van ANC-verval is nie.

Was die dokter oneerlik, of net kwaad? Ek weet nie, alleen hy sal kan antwoord, as hy eerlik genoeg met homself is. Dr Brink het al 'n paar insiggewende en nuttige artikels geskryf, maar hierdie een kan 'n mens maar oorslaan.

Expand full comment
Dr Eugene Brink's avatar

Haai Hans, dankie dat jy dit nie oorgeslaan het nie en tog ruim kommentaar gelewer het. Ek waardeer dit opreg en by Ontlaer wil ons 'n waarlik diverse platform vir debat wees. Ek lewer dan chronologies repliek hierop. Eerstens hou ek nie daarvan om met my kwalifikasies te koop te loop nie, soos om dit in my bio te sit nie. Maar aangesien jy daarmee begin het en dit in twyfel trek, sal ek dit dan noem. Ek het wel 'n titel wat ek gebruik (en voor gesweet het) tesame met ses grade en 'n aantal diplomas. Tersaaklik hier is my doktorsgraad, MA en Honneurs in Politiek (vra maar vir Piet Croucamp, ek het op 'n tyd by hom klas gekry), 'n MBA en 'n graad in joernalistiek. Jy is welkom om joune dan ook te lys? Nie verpligtend nie.

Tweedens het ek dit duidelik gestel dat sekere politieke ontleders wel goeie werk doen. Hulle bring ten minste balans eerder as om openlik kant te kies. Hulle kan gevolge insien eerder as om net prys of smaad die een of ander kant toe uit te deel en permanente vyande en vriende te kies. Om sekere dinge doelbewus weg te laat of oorbeklemtoon, is blote eensydigheid en dit kan beslis vermy en versag word.

Tweedens, as dit nie vir die 44 en hul pogings was nie, sou die 1600 (is dit regtig al soveel?) nie gevolg het nie. Pleidooie om die brief te onderteken het selfs goeie dekking in die media geniet en tog het slegs 1600 mense hul steun bygevoeg. Daar is miljoene van ons en ek het waarskynlik meer as 1600 lesers wat met my artikel saamstem. Laasgenoemde hoef niks te teken nie.

Inderdaad, niemand verwag MA-tesisse in ope briewe nie. Maar as jy doelbewus relevante inligting weglaat, is dit blote eensydigheid en baie van ons gaan nie oorreed word om nie ons "bedrieglike oë (en ore)" te glo nie (soos ek genoem het, sluit dit o.a. James Myburgh in). Dis waarskynlik veel meer as 1600 as 'n eenvoudige peiling van kommentare op sosiale media gedoen word. As die ondertekenaars dan sulke skerp kritici van die ANC is ("skerp" en "vir dekades" is m.i. oordrewe), hoekom dan nie iets noem daaroor in 'n gesamentlike brief nie? As die ANC boonop sulke gul lof uitspreek vir die brief, laat dit mens net wonder. Dan is daar uiteraard die vrae rondom die twyfelagtige ontstaan van die brief en wat uiteindelik met die ope brief en 1600 handtekeninge gedoen is. Wat was die doel daaragter? Is dit iewers oorhandig en het dit enigiets verander?

Laat eerlikheid en die waarheid seëvier! Groete, E

Expand full comment
Hans Pienaar's avatar

Nee, Eugene, jy weerspreek jou lekker, maar ons laat dit daar. Wat die ope brief betref, vir my was dit genoeg om my vewerping van Afrikaners as uitverkore vlugtelinge en Trump se gereddenes iewers in die openbaar op skrif te stel. Ek het wel verder gehoop ons diplomate en goedgesindes teenoor Suid-Afrika, ook en veral onder Republikeine sou dit kon gebruik as 'n wapentjie, maar ek moet erken, die geweldige teenreaksie en ontsteltenis daaroor onder wit Afrikaanse kommentators het die wapentjie stomp gemaak en gaan net die waandenkbeeld versterk dat Afrikaners merendeels hulself as teikens van volksmoord beskou en goed saamleef met uitverkore status binne Trump se mal immigrasiedekrete. Lees ook gerus: https://www.businessday.co.za/opinion/2025-11-05-hans-pienaar-cyril-ramaphosa-could-easily-defuse-the-donald-trump-bomb/

Expand full comment
Dr Eugene Brink's avatar

Dankie, Hans. Ek neem kennis en het klaar gesê wat ek wou.

Expand full comment