PepsiCo het eers Redro en Peck's vernietig en nou herhaal hulle dit met Pro Neutro. Die masjienerie verskoning klink vir my maar flouerig. Ek sou dink met vandag se ingenieurskundigheid sou dit moontlik wees? Ek moet sê PepsiCo is nie my gunstelling maatskappy nie, juis agv. hierdie aksies. Reg of verkeerd, dit voel of daar 'n disrespek is vir SA se ikoniese handelsmerke?
Ek stem saam, Pieter. Dis waarom ek bly is as hierdie soort ongeërgdheid en onsensiwiteit deur 'n privaatonderneming op die lappe kom met NAME wat daaraan gekoppel word. Ek kan ook dink aan ander gevalle waar dit sulke ondernemings later baie duur te staan gekom het, al was dit om ander redes (wat terloops ook gewys het op hul ongeërgdheid en onsensiwiteit). Die naam DisChem kom dadelik by my op. Maar daar is vele ander gevalle ook. Dis wanneer sulke gedrag by die privaatsektor waargeneem word dat mens dankbaar is oor die bestaan van vryemarkbeginsels. As PepsiCo en ander wat soortgelyk optree Eskoms was, met ander woorde monopolieë, sou hulle ons bloot 'n verdere prysverhoging gegee het, wat eintlik maar net 'n middelvinger is wat hulle ons wys...
Maatskappye lui hard aan die 'gesondheidsbewustheidsklok' en hulle ly as gevolg daarvan.
Toe Coke hul 'Now with less suger' veldtog begin het, het minigde mense gekla oor die kunsmatige smaak. So by so dat baie verbruikers, myself inkluis, gestaak het om Coke te drink. Toe hul die 'Original' terug gebring het (is dit nou al 3 jaar terug?), is dit seker 'n bemarkingsfoefie, maar ek sal eerder 'n 1 liter koop, wat duurder is en dit ek geniet, as om daai plaasvervanger suiker smaak te verduur.
Verder aangaande die vervaardigingsproses om smaak te behou, moet hul gaan leer by die Skotte en hul distillerye. Hulle streef ernstig daarna om niks in die proses te verander nie. Ek onthou by die een distillery toe ons daar was, is gesê, "As die still 'n 'knock' gehad het omdat hy gestamp is toe hulle hom installeer het, sal elke nuwe still daarna ook 'n hou / stamp kry om seker te maak daai vorm bly behoue - en sodoende die smaak ook"
Terloops, Hilde. Nog 'n "wonderwerk" van Pro Neutro vir my as 'n kind (ja, dit was al daar toe ek nog 'n kind was!), was die hoeveelheid melk wat dit kon absorbeer. Ek kon nooit my oë glo nie het altyd gewonder waarheen die melk dan verwyn het...

Dankie, Pieter.
Wat handelsmerke aanbetref, stem ek heeltemal saam met jou laaste stelling. Lees gerus die artikel rakende Game en Walmart.

Giggel ek nou lekker. Dis korrek. 'n Mens moes omtrent baie melk of water byvoeg.
Hilde, dit was weereens voortreflike waarnemings.
Baie dankie, Piet!