Daniël, ek het nou eers hierdie uistekende analise onder oë gehad. Weet nie of jy dit reds gedoen het nie, maar ek is van mening dat jy ook 'n Engelse weergawe moet publiseer. Ek glo wel dat belangstellendes wat nie Afrikaans magtig is nie, wel sal doen wat ons deesdae so maklik gedien kry: eenvoudig die KI van ons keuse vra om dit te vertaal. Maar deur self 'n vertaalde weergawe te publiseer, sal die baie nie-Afrikaanse medegelowiges wat in ons soort moderne denke glo, dalk gouer notisie neem. Dit sal ook help om dit dan te "restack" vir die meer gerieflike raaklees deur hulle.
Ek dink werklik jou analise is besonders goed en insiggewend en kan help om nog meer oë oop te maak vir die verandering wat ingetree het ten opsigte van narratiewe; en t.o.v. diegene wat nou uiteindelik weer hul reg begin uitoefen het om ook gehoor te word - met vars narratiewe wat nie bloot enkelverhale of enkelvoudige "waarhede" verbeel nie...
Daniel se artikel oor "transformatisme" en veral die verwysing na Koos Malan, bring mens onwillekeurig na die NGK se aanvaarding van 'n "droomscenario 2030" wat alles bevat waarvan Daniel skryf. Teen hierdie agtergrond het die kerk (veral die NGK) se transformasie-pad die moontlikheid van "herlewing", in reformatoriese konteks, vernietig. Jou slotsom van "stoot die morele hek oop" bied dus meer as net 'n politieke oplossing, dit bied ook ruimte vir Geestelike herlewing wat die wese van die moreel-etiese basis kan herstel.
Uitstekende artikel.

Baie dankie Piet. Dit is 'n goeie voorstel.