4 Comments
User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Puik opiniestukke oor die algemeen. Ek verstaan selfs waarom opiniestukke uit Media24 gepubliseer moet word, maar daardie "nuusbron" het so ongeloofwaardig en sydig geword, dat ek meestal met walging die soort kommentators volg wat hulle graag van gebruik maak. Ek het nou maar eenmaal 'n kleinjie dood aan die "woke"-ideologie soos dit bewapen geraak het, ook in sekere bevooroordeelde "Afrikaner"/Afrikaanse kringe. Die sydigheid en arroganse/meerderwaardigheid/beterweterigheid stuit my teen die bors. Maar, om weer te herhaal, ek verstaan darem dat daardie stemme ook gehoor moet word, want soos met die hoofstroom media is hulle in elk geval al vir geruime tyd besig om hul geloofwaardigheid te verloor, of het alreeds...

Expand full comment
Kobus's avatar

Ek stem saam Piet. Maar indien jy ingeteken is lees gerus die twee stukke van Netwerk24 wat gelys word. Dis deur Frederick van Dyk van Ontlaer en Johann Rossouw van Kovsies en beide is goeie nie-woke stukke wat Netwerk 24 gepubliseer het.

Expand full comment
PIET DU PLESSIS's avatar

Ja, Kobus, Frederik se benadering en soeke na middelgrond, terwyl hy beide kante van die verdelende kwessie raaksien, is beslis die soort "joernalistiek" waarvoor ek respek kan hê. Ek erken dat ekself bevooroordeeld geraak het, bloot omdat ek die nuusmedium (Netwerk24) so wantrou. Maar menings moet natuurlik nie noodwendig gekoppel word aan die medium deur middel waarvan dit gepubliseer word nie. Elk moet op hul eie beoordel word. (Ter vedediging egter van myself en ander wat ook soms dieselfde "oordeelsfout" maak, die media oor die algemeen het baie van ons in skeptici verander weens hul eenogigheid/doelbewuste ideologiese "propaganda", met bitter min uitsonderings, ongelukkig... )

Ditto natuurlik Johann Rossouw se bydrae. (Lekker kry ek mos as Oud-Kovsie myself... 😊)

Expand full comment
PIET DU PLESSIS's avatar

Dankie, Kobus. Dit bring beslis gerusstelling...

Expand full comment