Ek wonder wat konserwatiewe media soos dié van die Murdoch-empire of The Telegraph sal sê oor Louise se aanspraak dat die grafosfeer progressief-gedrewe was. As gewese joernalis kan ek die leser verseker dat die eerste stryd om korrupsie en staatsvergrype te ontbloot daarin gelê het om konserwatiewe redakteurs te probeer oorreed, manipuleer of te systap. Dit was die vernaamste motivering vir die stigting van publikasies soos VWB en die Weekly Mail.
Ek dink 'n meer vrugbare lens om na die media te kyk is deur die konsep van "surveillance capitalism" van Shoshana Zuboff. Ingevolge daarvan is die "culture wars", die sosiale histeries van die Tea Party versus wokeness, die resultaat van die kolonisering van die Wilde Weste van die sosiale media deur die Faangs (die "Big Tech" maatskappye). Dat hierdie wederkerend-voedende histeries huidjie en muidjie die Afrikaanse sosiale diskoers oorgeneem het, onder ander diskoerse, is 'n treffende demonstrasie van hierdie kolonisering.
Anders as jou puik uiteensetting sien ek Vrye Weekblad as tragiese geval. "One trick pony" kom by my op. Apartheid aktivisme het status
verleen wat knus gepas het. Die katel was gerieflik en bedek met ń snoesige moraliteitskombers. "Een van die goeies". Na 94 kon dit egter nie volgehou word nie. Want as jy die slagoffer so dapper verdedig het vir so lank, kan jy nie nou die slagoffer teregwys nie. Ongeag hoe verdienstelik kritiek ookal was. Dus word die morele ivoortoring bestyg. Daar waar jy die dom gepeupel moet opvoed en waar jy alleen beter weet. Onoortuigende sydelingse kritiek het so nou en dan papier gehaal. Instede het die aanslag teen Afrikaners voortgeduur. Misgooiery uit die hoogtes uit. Jy mag nie onreg teen jou aanspreek nie. Jy verdien dit nie. Verduur wat ookal na jou kant toe kom filosofies, of Christelik draai die wang.
Dertig jaar na apartheid het dit nie meer impak nie. En daarom het Vrye Weekblad nie meer relevansie nie. Die na 94 kinders het geen nut of voordeel aan VEB nie. Die 94 kind het niks gedoen om die diskrimenasie te verdien nie.
Louise, jy het werklik al my eie wroeginge oor die Vrye Weekblad verwoord. Ek het persoonlik hard probeer om in die "Nuwe" Vrye Weekblad te verstaan in die lig van presies die veranderde gees waarna jy verwys. Ek WOU glo dat Max die kopskuif gemaak het en nie weer sou probeer om almal wat behoudend, of selfs net effens behoudend was, met 'n anti-woke stok te brobeer bykom nie. Hy het soms duidelik probeer, maar sy "woke" ondebroek kon hy nou maar eenmaal nie van onslae raak nie. Dit het baie van ons oopkop-denkers dwars in die krop gesteek. Ek kan net vir myself praat, maar ek het gedurig die gevoel gekry dat Max nie kon (of wóú?) aanvaar dat van sy ou Afrikaner-vyande onder apartheid, wél die nuwe wêreldgees omhels het en hulle nie meer so maklik as "dom boere" laat ettiketeer nie. Ons kon dit regkry, myns insiens, juis omdat ons ons "vark-in-die-verhaalstatus" en skuldgvoelens kon afskud deurdat ons vrede gemaak het met ons nuwe bevrydende status, en nou kan saampraat en DOEN wat die veranderende wêreldgees ons toelaat. Jy het daardie veranderde en veranderende wêreld goed beskryf, aan die hand van joernasistiek.

Baie dankie dr Mabille. Geweldig insiggewend.