2 Comments
User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Goed gebalanseerde sieninge, Eugene. Ek vind ook 'n afgematheid onder kiesers. Dis moeilik vir baie van die breër bevolking om opgewonde te raak — of opgewonde gemaak te kan word — oor munisiplale situasies wat jaar na jaar maar bloot agteruitgang beleef. Lyk nie vir my of baie kiesers nog glo dat 'n spesifieke kandidaat wel 'n verskil kan maak nie. Nasionale politieke inmenging (ANC, natuurlik) in munisipale aangeleenthede, het oor 32 jaar tot gevolg gehad dat een kandidaat maar bloot so skelm en sleg soos 'n ander een was. Diegene wat nog nie wil glo dat partye anders as die ANC nie ook maar net so sleg gaan wees nie, bly eerder buite stemming. Persoonlik is ek dankbaar dat die DA darem blyk sommiges met daardie persepsie begin oortuig dat hulle wel beter kan doen. Gelukkig het hulle mos 'n "track record"...

Dr Eugene Brink's avatar

Dankie, Piet. Waardeer jou.Kyk stem is nie als nie maar die feit bly staan dat dit uiteindelik saakmaak. Jy sal ñ politieke en administratiewe administrasie in jou mynisipaliteit hê na 4 Nov wat besluite oor jou kan neem. Mense in die noorde kan hulself nie beter dienslewering indink nie, maar dit is moontlik. Dit gaan reeds beter in plekke soos Springbok. Die politiek is meer vloeibaar en as jy nie gaan stem nie, gaan ander kiesers wel namens jou besluit. Soos ek uitwys in my stuk, is dit soms ñ goeie ding. En dis ontegverdig om letterlik elke munisipale funksie self te wil doen terwyl jy reeds betaal daarvoor. Dis onvolhoubaar en nadat ek vir jare gemeenskappe gehelp het met hul munisipale probleme op veral die platteland, onrealisties ook. Die verval is te groot en die “burgerlike” hulpbronne te min.