4 Comments
User's avatar
In's avatar

Puik gestel Bouwe. Ons moet aanhou baklei vir 'n ware nie-rassige Suid-Afrika.

PIET DU PLESSIS's avatar

"Terwyl daar 'n groeiende konsensus daaroor is dat die staat niks anders is as 'n misdaadsindikaat nie, word die agentskap wat die befondsing voorsien vir hierdie sindikaat nie beskou as medepligtig aan die misdade van die staat nie. Terwyl legio regterlike kommissies bewyse gedokumenteer het oor die misdadigheid van die staat, kan die befondser van daardie misdadigheid nie onbepaald vrygestel word oor die misbruik van daardie fondse nie."

INDERDAAD! Vir solank ons die keiser betaal wat ons vertel word die keiser toekom, finansier ons ons eie ondergang onder die neo-Apartheid konserwatisme van die ANC-bestel. Ons ketting onsself vas aan die bestel wat ons weer "apartheid" in omgekeerde formaat laat beleef. Deur dan die konserwatiewes as "progressief" te tipeer en die werklike progressiewes dan as " konserwatiewe soekers van na 'n terugkeer tot Apartheid" te tipeer, is hul stryd as ANC al half gewonne. DIE TOEDRAAI VAN DIE GELDKRAAN (soos getoon met die BTW-oorwinning) IS DIE SEKERSTE MANIER OM DIE PARASIET TE LAAT UITSTERF. Maar ekself en ander baie meer bekwame persone wat ook so dink, kon nog nooit iets mobiliseer wat dit 'n werklikheid kon maak nie. My eie teorie is dat vir solank die besigheidsektor wat SARS se hoof tollenaars is, nie hul nekke wil uitsteek deur 'n georkestreerde poging nie, ons sal aanhou om self te betaal om ons eie ondergang te sit en gade te slaan - soos ons dit as 'n nasie al vir geruime tyd beleef. Hartseer inderdaad...

Bouwe van der Eems's avatar

Toe die Jode vir Jesus vra of hulle belasting moet betaal, vra hy dat hulle 'n belastingmunt moet wys. Aangesien die keiser se afbeelding op die munt was, het hy gese dat ons aan die keiser moet gee wat hom toekom. Dit impliseer dus dat geld wat die afbeelding van die keiser dra, aan die keiser behoort. As jy die keiser se geld gebruik, moet jy dus die keiser se reels volg. Dit impliseer dus dat indien jy geld gebruik wat nie die afbeelding van die keiser dra nie, jy nie belasting hoef te betaal nie. As ons dus wil wegkom om belasting te betaal, moet ons ophou Rande te gebruik as betaalmiddel. Dit kan dinge wees soos fisiese goud en silwer, of Bitcoin.

PIET DU PLESSIS's avatar

Bouwe, dis waar. En dan is daar ook die ondersteuning van die informele (sê) "boeresektor": ons moet meer direk van die boere aankoop wat reeds op baie plekke varsproduktemarkte gebruik as afsetpunte, of verspreiders het wat direk aan die publiek verkoop; selfs aflewer. Mens wil dit nie te hard sê nie, maar jy sal weet wat ek bedoel as ek sê dat 'n deel van daardie inkomstes nie so maklik deur die keiser opeisbaar is nie. Daardie praktyk was al die jare in die ou bedeling baie effektief gebruik deur die minder bevoorregte informele sektor in die townships; en word vandag nog steeds op massiewe skaal gebruik om township-inkomstes uit die kloue van die keiser te hou. Daar is nie kasregisters nie...