Discussion about this post

User's avatar
In's avatar

Puik gestel Bouwe. Ons moet aanhou baklei vir 'n ware nie-rassige Suid-Afrika.

PIET DU PLESSIS's avatar

"Terwyl daar 'n groeiende konsensus daaroor is dat die staat niks anders is as 'n misdaadsindikaat nie, word die agentskap wat die befondsing voorsien vir hierdie sindikaat nie beskou as medepligtig aan die misdade van die staat nie. Terwyl legio regterlike kommissies bewyse gedokumenteer het oor die misdadigheid van die staat, kan die befondser van daardie misdadigheid nie onbepaald vrygestel word oor die misbruik van daardie fondse nie."

INDERDAAD! Vir solank ons die keiser betaal wat ons vertel word die keiser toekom, finansier ons ons eie ondergang onder die neo-Apartheid konserwatisme van die ANC-bestel. Ons ketting onsself vas aan die bestel wat ons weer "apartheid" in omgekeerde formaat laat beleef. Deur dan die konserwatiewes as "progressief" te tipeer en die werklike progressiewes dan as " konserwatiewe soekers van na 'n terugkeer tot Apartheid" te tipeer, is hul stryd as ANC al half gewonne. DIE TOEDRAAI VAN DIE GELDKRAAN (soos getoon met die BTW-oorwinning) IS DIE SEKERSTE MANIER OM DIE PARASIET TE LAAT UITSTERF. Maar ekself en ander baie meer bekwame persone wat ook so dink, kon nog nooit iets mobiliseer wat dit 'n werklikheid kon maak nie. My eie teorie is dat vir solank die besigheidsektor wat SARS se hoof tollenaars is, nie hul nekke wil uitsteek deur 'n georkestreerde poging nie, ons sal aanhou om self te betaal om ons eie ondergang te sit en gade te slaan - soos ons dit as 'n nasie al vir geruime tyd beleef. Hartseer inderdaad...

2 more comments...

No posts

Ready for more?