Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Hilde, die onlangse Pentagon-Anthropic sage is by uitstek 'n praktiese demonstrasie van hoe belangrik etiek is in die digitale era. Die dilemma is massief: weerhou potensieel- gevaarlike digitale innovasie vir gebruik (misbruik?) deur die "goeie ouens" en die bose magte en individue kry die oorhand. Hoe gemaak met so 'n heel moontlike eksistensiële krisis? Dankie tog vir mense soos Dario, maar daar waar sy soort vasstaan, gaan ander maar net voort om die vakuum te vul wat Anthropic in daardie geval gelaat het. En selfs die "eerbare" Sam van OpenAI het op effens lafhartige wyse ook maar eintlik en uiteindelik ingegee. Die magtige dollar het maar nog steeds die laaste sê en troef die etiese pogings keer op keer. Persoonlik dink ek nie die Chippy-tipe veldtogte sal nie kan wen nie, al help dit en bly dit baie belangrik. My beskeie mening is dat ons eers ons eerste groot KI-krisis moet beleef voordat daar daadwerklik van die gevare kennis geneem sal word, al waarsku talle kundiges ons lankal daarteen. Ek dink egter nie die groot moontlikheid van so 'n waarskynlike krisis, wat om die draai mag wees, moet ontwikkeling egter terughou nie. Maar dat sogenaamde veiligheidsrelings ("guardrails") beslis nodig is, is sonder twyfel. Die vraag bly egter of dit huidiglik enigsins moontlik is...

1 more comment...

No posts

Ready for more?