Discussion about this post

User's avatar
Ernst Swanepoel's avatar

Ek vind die besprekings van Barend sinvol en weldeurdag. Dankie. Barend kan gerus ook kyk (as hy nie reeds het nie!) na die gekonkel in die NGK se sinodale bestuur met WOKE en "inklusiwiteit" wat die gereformeerde tradisie (REFORMASIE) in sy wortels transformeer. Dis nie onverwags dat die VN se "droomsenario 2030" feitlik net so vervat is in die NGK se "droomsenario 2030" nie. Al jou standpunte wat jy aanraak is op meesterlike wyse vervat in die "inklusiwiteitsleer" waarvolgens jy nou tegelyk Mohammedaan of christen kan wees solank jy "deernis" beoefen.

Ek geniet jou wysheid, dankie.

PIET DU PLESSIS's avatar

Barend, jy kon maar gerus die "Kill the Boer..."-fenomeen by name genoem het as 'n taktiek soortgelyk aan die Islamistiese taktiek om 'n klimaat ryp te maak vir die volgende fase, nl. die minagting van sommiges se bestaansreg, wat ewe maklik dan verbreed word om sommer die hele spul "onmense" in te sluit; wat alle Afrikaners en/of alle witmense dan sou insluit. Dankie tog dat daar so 'n boehaai daaroor gemaak word, want dis presies dieselde soort sagmaakproses en oëverblindery waarvoor die Weste alreeds geval het, soos jy baie bekwaam uitgewys het in groot detail. Myns insiens is ons in Suid-Afrika meer aan die pogings van radikale swart faksies binne die EFF, MKP en ANC uitgelewer om uitgerangeer te word as wat Islamisme dit op die oomblik doen.

No posts

Ready for more?