Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Dis waar, Hügo. Ek het met senior PAC kaders skouers geskuur tydens 'n aantal jare waartydens ek gepoog het om verskillende ideologieë se aanhangers beter te laat saamwerk ten einde sosio-ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika te probeer bevorder. Ek was omtrent altyd teleurgesteld met hul eng sieninge op baie terreine, maar kon veral nie veel sukses behaal om hulle met ander partye te laat saamwerk om sosio-ekonomiese ontwikkeling se onthalwe nie. Ek dink 'n goeie Afrikaanse beskrywing van hul ingesteldheid was "gatvas"! Mens kan ook sê, "alles of niks". Ek was dus nie verbaas dat die breër bevolking nooit aanklank by hulle kon vind nie. In die lig daarvan en na aanleiding van wat jy geskryf het, dink ek aldus ook dis 'n skreiende skande (en MOEDSWILLIG) om juis 'n dorp soos Graaff-Reinette na 'n "hol" leier van 'n "hol" party te vernoem. En, ja, Gayton is maar bloot 'n "lekker ou" wat populisme en xenofobie uitpomp; en sy bloutjie met die DA probeer wreek. Ek glo dat die Kleurlingkiesers ook nog sy leegheid oor tyd gaan raaksien...

No posts

Ready for more?