Discussion about this post

User's avatar
In's avatar

Ek voorspel die ANC gaan erge pakslae in November kry en dat ons politiek op plaaslike vlak 'n nuwe era binnegaan. Of die era voorspoedig gaan wees gaan afhang van hoe ondersteunend die land (privaatsektor, civil society en die publiek) gaan wees vir die nuwe bewind. Die ANC het vir 20 jaar baie steun geniet ten spyte van hul mislukking. Maar ek is nie seker dieselfde genade gaan vir bv. die DA en VF+ regerings gegun word nie.

Edwin Blake's avatar

Dis 'n groot vergissing om te dink die ANC is sosialisties. Hulle maak net so om hul stemvee makliker te kul. Jy begaan 'n sonde in die bybelse sin: jy skiet jou teiken heeltemal mis. Jou straf word dan bitterlik slegte gevolge.

Daar is niks verkeerds met die volk se behoefte aan sosialisme. As jy dit teenstaan dan weet hulle jy wil hê dat hulle nog moeiliker moet lewe.

Die ANC is veel eerder kornuitkapitaliste, of sommer reguit diewe. Niks sosialisties. As iemand dink dat beter groei gaan werk omdat hulle versadig sal word ken hul nie 'n dief nie. Gierigheid het nie perke nie. Dekades gelede het ek 'n hoofman in die Ooskaap gevra waarom hy aanhou om vir die ANC te stem. Hy sê hy hoop maar dat hulle uiteindelik genoeg geëet het, maar 'n ander party sal weer van voor af moet begin vreet. Die ANC kan nooit genoeg vreet nie.

Dis waar dat daar orals korrupsie is. Weet jy wat 'n goeie parasiet is? Dis een wat sy gasheer nie vrek maak nie. Dis die geval in Europa, maar nie hier nie. Ons parasiete bly erg onbekwaam.

No posts

Ready for more?