Discussion about this post

User's avatar
Stephan's avatar

Goeie artikel: "Indien internasionale reg en menseregte werklik universeel is, behoort dit universeel toegepas te word — ook wanneer dit by Israel kom".

Inderdaad.

Ek wonder dikwels - inteendeel, dit is my vermoede -dat ons as Afrikaners en ook Israel (en ek is pro-Israel), nie ook mede-bouers is van die valse kognitiewe konstruksie oor Israel nie, veral waar mens self woon in wesenlike gebrekkige kognitiewe konstruksies.

Mens se persoonlike ontnugtering was (en is) enorm waar mens persoonlik 'n geweldige 'bias' aanskou het met 'volledige self-ouditering' as uiters raar onder meesste Afrikaners, hetsy wit, swart, ensomeer.

Weereens, ek is 'n Afrikaner.

Maar in die werkplek kom mens vinnig agter, dat Belastingwette en interpretasies en 'Ouditeur-Integriteit' en 'Regspraktisyn-stabiliteit' op die oog af, soos 'n 'rots' hom-/haarself resoneer as onbeweeglik in stabiliteit van beginsel en integriteit.

Maar waar mens self dieper gedelf het, kom mens agter dat die fondasie is niks anders as hope sand wat reik veel verder as die ‘New York Twin Towers’ van weleer, en die ‘konstruksie’ daarop gebou, reik na buitenste ruimtes, soos die Babeltoring van voorheen.

Verandering kan nie by ander begin, indien dit nie eens by die 'self' begin nie.

En dit is die grootste tragedie.

En dit sluit – ‘n groter tragedie – selfs die godsdienstige milieu in, waar mens die grootste ‘self-ouditering’ sou verwag.

Maar allesbehalwe.

PIET DU PLESSIS's avatar

Barend, jy het 'n vraag gevra wat my al vir 'n leeftyd pla. Jy gee ook sekere antwoorde oor die redes waarom Israel so anders beoordeel (veroordeel!) word. Dis baie insiggewend. Ek bly egter wonder oor hóé daardie duidelike vooroordele besweer kan word. Die Israelis/Jode is van die slimste mense op aarde. Dis ironies genoeg juis hul breinkrag en die sukses wat daarmee saamgaan, wat onder andere antisemitisme laat ontstaan het en nog steeds lewendig hou. Wat moet die Israelis/Jode nog doen om haat en vooroordeel teen te werk? Mens sou dink dat as dit moontlik was, hulle dit alreeds suksesvol sou kon doen.

Dit maak my ietwat moedeloos, want ek sien baie ooreenkomste met ons as Afrikaners se gesukkel om ons eie brandmerke, nl. gronddiefstal, apartheid en rassisme; maar ook ons unieke "geskiedenis", nasionalsme (nasionaal-Christelik) en ons Westerse waardestelsel, aanvaarbaar te kry.

Ek dink dikwels dat al wat die breër wêreld-veroordeling van Israel tot 'n einde sal laat kom, is Israel se vernietiging. Is dit ook ons Afrikaners se voorland? Is al wat ons mede-landsburgers wat nie ons kultuur deel nie; die links-liberale media; en links-liberale regerings van die wêreld tevrede sal stel dat ons maar net blot opgaan in die smeltkroes van 'n sogenaamde "verenigde reënboognasie", om naderhand maar net 'n terloopse geskiedkundige melding waardig te wees as Afrikaners? Ek dink, nes die Israelis, gaan ons dit nie toelaat nie.

Hopelik kan ons as Afrikaners beter oorredings voortbring om ons vyande/haters/opponente te oortuig om ons ook lewensruimte te gun waar ons nog onsself en ons kultuur kan uitleef sonder skade aan ander. Soos ek al in my eie vorige artikels aangedui het, hoef dit nie eens in eng omskrewe geografiese gebiede plaas te vind nie: in die kuberruimte is daar plek vir almal - al is hulle hóé veskillend.

Ek dink nie dat net omdat die meerderheid Israel wil vernietig sien, of die Afrikaners wil laat vedwyn nie, dit beteken dat hulle reg is nie. Dit wys vir my eerder op veroordelers se eie onverdraagsaamheid en selfsug.

Ongelukkig vir diegene wat die Israelis of ons as Afrikaners weg wil dink, gaan dit nie gebeur nie. Persoonlik sou ek as Afrikaner egter eerder wil weet wat ek nog moet doen om my bestaan te regverdig - meer as om mag weg te gegee het - anders as om ingesleep te word in voortdurende konflik, soos die arme Israelis ervaar.

No posts

Ready for more?