Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Baie insiggewend, Barend. En ook baie gepas dat ons juis nou in hierde huidige tydsgewrig daaraan herinner word.

Barend, is ek verkeerd as ek ook raakpunte sien tussen wat jy oor die Joodse Tragedie sê en ANC of Links-Liberales se taktiek om die ernstige vergrype van die ANC-regering te probeer regverdig of wegpraat aan die hand van die historiese Apartheidsvergrype? Natuurlik nie dieselfde nie, maar iets soortgelyk: versag of verbloem ANC-vergrype deur ewigdurende martelaarskap/slagofferstatus op te eis; en laat die boses van die verlede dan vir altyd die swartskape bly teen wie "regverdig" gediskrimineer mag word. Ook 'n soort inversie, dink ek. Afrikaner-boosheid soos gepleeg onder Apartheid, word dan die "inverse" van ANC-goedheid tot in ewigheid. (Zuma se "till Jesus comes", of die algemene redenasie van die ANC dat "regstelling" nie 'n eintdatum het nie). Daar is dan selfs regverdiging daarvoor om te dreunsing dat die boses van die verlede dood gemaak moet word; want daardie "boosheid" is blykbaar oorerflik, "tot in lente van dae". Dieselfde soort "emosionel snellers" waarna jy verwys het word dan ook in ons situasie in Suid-Afrika deur my raak gesien. Herhaling is ook daar: ons hoor oor en oor dat die boses van die verlede nooit enigiets anders kan word of wees as boos nie; en dat die edelheid van die huidige heersers nooit regtig boosheid kan voortbring wat nie histories geregverdig kan word nie (in terme van Apartheid). As oortreders van die verlede, word veral Afrikaners dan ook in die proses "ontmenslik deur beskuldiging", wat blyk om geen eintdatum te hê nie...

No posts

Ready for more?