Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Tersia, daar is sommer heelwat van jou opinies waarmee ek verskil. Persoonlik dink ek, anders as jy, dat AfriSol soos jy hulle noem, dalk eerder MEER Oranias moet finansier of ten minste finansieel moet bystaan. Wie dink jy finansier sogenaamde AfriSol? Dalk die CIA? Of dalk 'n Nuwe Broederbond? Of 'n herleefde Afrikaner Weerstandsbeweging? Nee, daar is baie gewone Afrikanermense wat as individue, getroue werknemers en sakelui/sakeondernemings daardie organisasies finansieel ondesteun en aldus saamstem dat die Orania-eksperiment meriete het. Dit is nie 'n beweging wat nie ook elders veld wen nie. Ons weet mos van die bykans wêreldwye terugkeer na groter selfbeskikking vir nasies en of gemeenskappe met gedeelde belange. Orania is dus NIE uit stap uit nie, maar net 'n maklike teiken vir persone met 'n spesifieke ideologiese uitkyk op die wêreld en 'n spesifieke interpretasie van "ons land se hede wat nie strook met die werklikheid nie." Sjoe, watter werklikheid? Die "werkliheid" van die wonderlike sukses van die Reënboognasie se eksperiment om een groot smeltpot te gebruik om almal gelyk te maak, maar wat sekeres meer gelyk gemaak het as ander? Of is dit nie lekker om daardie waarheid in die oë te kyk nie? Of eerder om dit te ignoreer omdat ons tog asseblief net nie geasossieer wil wees met diegene wat wel te na gekom word deur 'n stelsel wat veronderstel was om almal gelyk te beregtig, maar dit NIE doen nie? Of is dit beter om in ontkenning te wees oor 140+ diskriminerede wette van die "Reënboognasie"? Ek kan uitbrei... Jammer, Tersia, jy soek die kruitvate op die verkeerde plek. Kyk eerder na die kruitvate van massa-werkloosheid en armoede. Van regeringsdiskriminasie, van staatsgesanksioneerde korrupsie, van verval en verbrokkeling wat ons oral sien en beleef. Van 'n verbrokkeling van die sosiale kontrak tussen landburgers en 'n regering wat omtrent alle verpligtinge wat vanaf die regeringskant van die sosiale kontrak nagekom moes gewees het, vir tien tot twintig jaar bloot verontagsaam het...

Bouwe van der Eems's avatar

Ek twyfel of daar enige gronde is om te beweer dat dit Afrikaner dogma is dat die Afrikaner 'n uitverkore volk is. Die Afrikaanse kerke onderskryf inderdaad dat daar 'n uitverkiesing is, waarvolgens die wat tot geloof kom vantevore uitverkies is. Hierdie dogma word uiteengesit in die Dordtse Leereels. Hierdie uitverkiesing dui egter nie op 'n etniese groep nie, maar op 'n groep mense wat Christus as hulle verlosser aanvaar, ongeag etniese afkoms. Daar is dalk 'n klein groep wat die Brits Israelvisie ondersteun, maar om te beweer dat so iets Afrikaner dogma is, is te dik vir 'n daalder.

No posts

Ready for more?