As jou oë traan wanneer jy uie sny, wag maar tot jy die prysverhoging van uie vanjaar, tot dusver, raaksien.
Teen die einde van Mei 2025 kos 'n enkele braaibroodjie gemiddeld R21,56. Dis 'n effense daling van 1,5% vir die maand, maar steeds 5,7% duurder as 'n jaar gelede. Uie, een van die sleutelbestanddele van ‘n braaibroodjie, het vroeër vanjaar 'n skerp prysstyging beleef, wat die broodjie se algehele koste opgeblaas het.
Gelukkig is daar 'n bietjie verligting op die rooster vir hierdie maand: die prys van tamaties en uie het in Mei onderskeidelik met 13,0% en 4,8% gesmelt, maar die maan is ongelukkig nie van kaas nie: die ander basiese bestanddele, ook botter en sout, het met sowat 4,0% gestyg. Klein verhogings wat jou volgende familiebraai duurder gaan maak.
In hierdie maand wat verby is kon 'n mens wel weer vir 'n oomblik daaraan dink om 'n ekstra braaibroodjie op die kole te plak.
Die nuutste artikels op OntLaer:
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Wil jy stukke soos dié direk in jou inboks ontvang en ons werk ondersteun? Teken hieronder in: