Discussion about this post

User's avatar
Jacques Fooy's avatar

Uitstekende artikel, en baie gedagteprikkelend!

Dit gesê, ek stem nie persoonlik saam met die uitbeelding van die kwessie as ’n “beide-kante”-probleem nie. Aan die een kant erken jy dat Vance toegegee het dat die administrasie bereid is om ongerieflike hofuitsprake te ignoreer (’n konkrete en blatante skending van die Grondwet). Maar aan die ander kant, wanneer jy voorbeelde van regterlike aktivisme noem, verwys jy na Regter Dugan se saak (waar daar nog geen duidelike bewys is dat sy buite haar magte of rol opgetree het nie) en die reeks DEI-sake, waar die oorgrote meerderheid uitsprake op prosedurele gronde besluit was — wat nie noodwendig ideologiese voorkeure by regters aandui nie. Jy merk selfs op: “[A]s die kiesers vir 'n administrasie stem wat 'n einde aan DEI op regeringsvlak wil bring, dan behoort daardie beleid ruimte te hê om geimplementeer te word, solank dit binne die raamwerk van die Amerikaanse grondwet en wetgewing val.” As ’n (gewilde) beleid buite daardie raamwerk geimplementeer word, wat moet ’n regter dan doen? Dit is tog die administrasie se verantwoordelikheid om hul (gewilde) beleid deur die regte kanale te implementeer, en nie om te “move fast and break things” in die hoop dat regters voor die wense van kiesers sal buig nie?

Ek dink daar is ruimte vir ’n gesonde debat oor die rol en/of belang van regterlike aktivisme. Maar in hierdie geval is daar ’n element van valse ekwivalensie tussen die partye—die dreigement om hofuitsprake te ignoreer, is nie gelykstaande aan die afdwing van nakoming van bestaande wetgewing nie, of aan die Dugan-saak wat dalk nog ten gunste van haar beslis kan word (ook op nie-ideologiese gronde nie).

Expand full comment
1 more comment...

No posts