Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Frederik, dis goed dat jy waarsku teen 'n soort heldeverering vir Trump of enige andersoortige moderne "Prins" of kultusfiguur. Jou voorbeeld is een van baie oor die geskiedenis heen wat bewys was daarvan hoe dit eerder tot ondergang as bevryding aanleiding kan gee. Maar die teenoorgestelde is natuurlik ook waar. Jy sal weet van baie voorbeelde waar nasies juis hul vryheid kon bewerkstellig deur die voorbeelde van ander lande se leiers, of hul filosowe, aan te geneem en te gevolg het, en toe - óf hul koninklike meesters, óf hul kolonialistiese meesters, - se juk kon afskud.

Die volgende aanhaling vanuit jou artikel hou vir my spesiale betekenis in:

"Met Jakobitisme effektief dood gesaai oor die slagveld van Culloden Moor, volg die Engelse staat op met 'n daad van etniese suiwering en kulturele vernietiging: Die Gaeliese taal word onderdruk, selfs die dra van die tartan word verbied. Grond word onteien tydens die infame Highland Clearances en 'n soort straftydperk volg waar hooglanderkultuur effektief ondergronds verdryf word indien nie heeltemal vernietig word nie."

Dit vat nie veel verbeelding om ook paralellelle raak te lees met die ANC se strategie t.o.v. die Afrikaners nie. In die moderne era natuurlik nie so blatant-opsigtelik soos die Engelse dit destyds gedoen het nie, maar ek vind tog belangrike raakpunte, soos taal, grond(onteiening?), kultuurvernietiging en selfs ons beweerde "etniese suiwering", of sogenaamde " volksmoord", waarna sommiges verwys. Net omdat 'n strategie meer subtiel is, soos die ANC sin - en hul mede-ideoloë sin, wat op die kantlyn sit en wag om weer saam te smelt met hul "ANC-stamvader" - maak dit nie sodanige benadering minder gevaarlik nie. Inteendeel. "Bruikbare idiote", om van daardie uitdrukking gebruik te maak wat soms juis baie intelligente persone insluit wat hulle aan die neus laat lei het, is nogal orals in Afrikaner-geledere te vinde. Julle het onlangs my Roelf Meyer-stuk gepubliseer. Jyself maak melding van Max du Preez in jou skrywe.

Wat ek dus wil sê, Frederik, is dat jy 'n baie goeie punt maak, maar dat dit nes ander geslypte diamante van groot waarde ook ander kante het. Ek vind dit uiters fassinerend dat Trump byvoorbeeld vir sy direkte aanslag op Iran veroordeel word, maar dat dieselfde veroordeelaars nie veel (indien enigiets) sê oor 47 jaar se bloedige en geweldadige onderdrukking van die gewone burgers van Iran nie.

No posts

Ready for more?