Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Interessante ontleding, Eugene. Daar is natuurlik nog heelwat veranderlikes wat in die lug hang en aldus is voorspellings oor die finale uitkoms riskant, om die minste te sê. Behalwe as die huidige status quo natuurlik wel die finale uitkoms is/gaan wees.

Ek steun nog steeds die oorlogspoging, al is dit baie "hawkish". Die Amerikaanse oorlogsmasjien het goeie oefening gekry, selfs al verander die status quo nie. ’n Weermag sonder operasionele ervaring is slegs ’n papiertier op sy beste. So tragies soos dit is, is soldate se vernaamste motivering om operasioneel aangewend te kan word. Die hele militêre stelsel, vanaf bevel en beheer, logistieke ondersteuning, die uittoetsing van wapentuig, militêre strategie, ens., is net so goed soos die toetse wat dit operasioneel onder oorlogstoestande kon slaag. Ek dink die oorlog — al gaan dit nie verder nie — het militêre voordele vir Amerika meegebring. Ek dink net dwase sal die Amerikaanse militêre mag nou nog wil uitdaag. Dit is wel ’n afskrikmiddel vir aspirasies soos ten opsigte van Taiwan, byvoorbeeld.

Vir die Midde-Ooste was die oorlog ook goed. Hulle besef nou hoe belangrik dit is om hul huis in orde te kry, selfs ten opsigte van vyandelikheid teenoor Israel.

Sal graag ook jou opinie oor die burgerlike bevolking se posisie in die onmiddellike na-oorlogse periode wil verneem, soos ek ook vir Prof. Koos gevra het. Is hulle nie nou nog meer uitgelewer aan die teokrasie as voorheen nie, want die wat bereid was om in opstand te kom, sal nou blootgestel staan? Het hulle nou maar net dieselfde vooruitsigte — of erger — as die vorige 47 jaar? En is dit maar oukei om dit net gelate te aanvaar, want Iran is ’n outonome staat? As ek terugdink aan jou vorige opinies, het dit vir my geklink of jy glo dat outoritêre state maar net uitgelos moet word?

No posts

Ready for more?