Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Louise, ek het ook eens "Afrikaanse Liberalisme" probeer, soos vergestalt deur byvoorbeeld Max du Preez. Dit het ongemak by my veroorsaak in die tyd van die Ou Vrye Weekblad en later weer die Nuwe Vrye Weekblad. Ek gebruik die voorbeeld natuurlik net as 'n metafoor van 'n ingesteldheid onder 'n groepie Afrikaansspreekendes (Afrikaans-prekendes?) wat myns insiens te blasé omgegaan het met veroordeling van alles wat naastenby nie in hul wêreldbeskouing ingepas het nie.

Ek en vele ander soos ek het byvoorbeeld baie konstruktiewe rolle gespeel vóór die einde van apartheid met die doel in gedagte om 'n Mandela-tipe droom vir 'n nuwe land te probeer aanvaarbaar maak. Dit was gemik op mense in magsposisies wat Suid-Afrika sou kon lei tot 'n bevryde samelewing; maar ook "gemik" op die gewone mense wat sou kon stem dat verandering moes plaasvind. En hier bedoel ek nie die Boederbond se pogings van daardie tyd om hul getroue volgelinge te probeer oortuig het dat die einde van die ou bedeling in sig was nie. Ek praat van gewone mense wat elke dag in wat hulle gedoen het, op watter terrein ookal - in hul gewone omgang met ander - die saad geplant het vir die uiteindelike vreedsame oorgang; en die pad geloop het van konkrete inisiatiewe wat die oorgang sou help fasiliteer.

Ek kan hier noem dat daar vele forums was wat in die periode voor 1994 baanbrekerswerk gedoen het om 'n breë spektrum van denkers en doeners by mekaar te bring in die soeke na oplossings, instede daarvan om te huil en te vloek en te beskuldig oor alles wat dan verkeerd sou wees - al was dit dan ook dikwels verkeerd - deur middel van die "progressiewe" media.

Ons ("nie-progessiewes") was egter meestal met agterdog bejeen deur die sogenaamde "prgressiewes" van ons eie spesie, naamlik óns as voorstaanders van Afrikanerskap sonder té veel self-geselling.

Gelukkig het gebeure in Amerika en ander lande waar groter selftrots en selfgelding weer populêr gemaak is, ons verligtes (om eerder jou term uit "die ou dae" te gebruik) gehelp om ons mojo terug te kry en kan nou openlik en in die openbaar ons menings lug sonder selfsensuur. En ons het ook soos talle organisasies en individue nuwe spreekbuise om ons standpunte mee uit te dra; en om openlik organisasies te kan bedryf wat nie meer verskonend hoef op te tree omdat ons dit waag om selfrespekterend en selfgeldend te wees nie.

Ons is inderdaad uiteindelik ook werklik bevry en kan dit alles in die taal van ons voorkeur doen; of net so bekwaam in die wêreldtaal, Engels. Ook saam met ons baie Engelsprekende vriende wat ons stille stryd om erkenning in die verlede gedeel het en nou ook in groot getalle en deur middel van verskillende media-formate ons gesamentlike stemme laat hoor...

No posts

Ready for more?