Israel/Palestina debat: "Momberg en Ross verdraai die geskiedenis"
'n Verdere reaksie op die heersende debat op ons blaaie.
Mense soos Elma Ross en Marthie Momberg verdraai die waarheid tot so 'n mate dat dit dit die indruk skep dat hulle die heilige waarheid verkondig.
Hulle is duidelik meesters daarin om leuens en halwe waarhede op te dis sodat dit voorkom as die waarheid. Hulle gebruik datums, gebeurtenisse en geskiedkundige feite, maar ignoreer belangrike konteks, agtergrond en bykomende inligting. Leuens en propoganda word sodanig bygevoeg dat die 20% waarheid deur die 80% valsheid oorskadu word.
'n Mens moet nie deur Elma Ross en Marthie Momberg mislei word nie.
Hieronder gaan ek reageer op die aantygings deur Elma Ross, op Paula Slier se reaksie op die artikel wat Marthie Momberg teen Israel geskryf het.
Die Jode het nie na Britse Mandaat-Palestina toe geïmmigreer om, soos sy beweer, die ander inwoners daar te gaan aanval nie. Sy maak ook die bewering dat daar vrede was voor die eerste Jode vanaf Europa na Britse Mandaat-Palestina geïmmigreer het. Dit is 'n blatante leun.
Ek verwys na net enkele insidente in die verband:
Die Safed-pogrom, 1834
Arabiere het Joodse huise geplunder, sinagoges verwoes en Jode
aangerand en vermoor. Ongeveer 500 Joodse huise is verwoes.1Die Tweede Safed-aanval, 1838
Die Joodse buurt is aangeval, en te midde van die chaos was wêreldwye Joodse gemeenskappe die enigstes wat hulp verleen het om die gemeenskap te help herstel.Die Hebron-aanval, 1834
Arabiere het die Joodse wyk geplunder en talle Jode vermoor en aangerand.2
En dit is maar net om 'n paar gedokumenteerde voorbeelde te noem.
“Brandmerking van ‘inkommer Jode’”
Elma Ross beweer ook dat elke probleem wat ontstaan het deur die “inkommer Jode” veroorsaak word. Ek gaan nie die Joodse aanspraak op die land Israel, hulle verbintenis daartoe en erfenis daarin opnuut verdedig nie, want dit is vanselfsprekend. Dit is netso vanselfsperkend dat indien daar geleenthede vir die Jode sou wees om na hulle tuisland te kon terugkeer, waar hulle ook al in die wêreld was, hulle dit sou aangryp. Veral in die lig van wat voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog met die Jode gebeur het. Daar was deur al die eeue heen altyd Jode wat in Israel gewoon het, selfs in die tydperk tussen die vernietiging van die Tweede Tempel en die stigting van Britse Mandaat-Palestina.
Sy gaan verder om te beweer dat die Dooie See se welvaart gesteel is. Maar die feite is egter die volgende:
Moshe Novomeysky het inderdaad die Palestine Potash Company gestig
nadat hy in 1927 'n 75-jaar konsessie, om potas te ontgin uit die noord‑oewer van die Dooie See, van die Britse Mandaat-owerhede ontvang het. Die konsessie het aan niemand behoort voordat hy die permitte aangevra het nie.
Novomeysky en sy maatskappy het inderdaad industriële ontwikkeling gebring en Arabiese werkers indiens geneem. Deur te beweer dat “gemeenskapsgoedere” só oorhandig is sonder deelname of vergoeding aan Palestyne, het geen regstreekse ondersteuning in geskiedkundige bronne nie, aangesien dat dit alles onder die Mandaat-owerheid se beheer was. Arabiere of Palestyne sou ook kon aansoek doen vir dieselfde konsessie van die Britse Mandaat-owerheid, indien hulle sou wou.
Oor die Rutenberg-kragstasie en elektrisiteitsmonopolie: Pinhas Rutenberg (ook 'n Jood van Rusland) het in 1926 'n 70 jaar konsessie gekry vir elektrisiteitsaanleg-ontwikkeling van die Jordaanrivier via die Palestina Kragkorporasie (wat 'n Joodse maatskappy was, nou bekend as die Israel Elektrisiteitsmaatskappy). Hierdie monopolie is deur die Britse Mandaat gereguleer en was aan die publiek bekend, daar is geen sprake van geheimsinnige toekennings nie.
Die Arabiere of Palestyne het nie hierdie belangrike bates besit nie, omdat hulle dit nie as belangrik geag het nie. Daar was niks wat die Arabiere of Palestyne verhoed het om die Dooie See-ontginningsregte te bekom of met kragopwekking te begin nie. Die rede hoekom hulle nie daarin belanggestel het nie, was omdat hulle nie 'n lang termyn toekoms in die land gesien het nie. Hulle was meestal ekonomiese migrante van Egipte en Jordanië. Die Arabiere en Palestyne het grond gekoop, maar daar was geen behoefte om 'n soewereine Arabiese of Palestynse staat te vestig nie. Dit het alles verander toe die Jode die strewe na 'n soewereine Joodse staat begin uitspreek het.
Sy noem ook dat die Tiberias-waterbronne wat aan 'n Arabier verhuur is, oorgedra is na 'n Joodse maatskappy deur die Britte. Dit is waar, maar sy vergeet om te noem dat die betrokke Arabier Sulayman Nasif van Libanon afkomstig was, nie van Palestina nie.
Sy verwys ook baie na Irgun en Hagana as terroriste-organisasies, maar verwys na Hamas as 'n vryheidsvegter-organisasie. Jode het die vermelde organisasies begin, wat terrorisme gepleeg het teen die Britse okkupasie. Die Britte het ook tydens die Tweede Wêreldoorlog verhoed dat Jode na Israel (toe nog genoem Palestina) vlug. Een se vryheidsvegter is die ander se terroris. Wat geld vir die een, geld ook vir die ander. Sy gaan baie selektief om met haar woordkeuse en probeer daardeur haar lesers mislei.
Sy verwys na die “nakba” en beweer dat die Jode uit die bloute die Arabiere begin vermoor en verplaas het. Sy ignoreer gerieflikheidshalwe dat die jong staat van Israel deur 5 Arabieselande in 1948 aangeval en dat die Arabiere wat in Israel gewoon het, aktief saam met die Jode 'n verdedigingsoorlog gevoer het teen Egipte, Transjordanië (vandag se Jordanië), Sirië, Libanon en Irak. Wat verwag Elma Ross moes Israel gedoen het? Meeste Jode was post-Holocaust vlugtelinge, en hul staar weer 'n volksmoord in die gesig.
Die selfverdedigingsoperasie, genoem Dalet, klink in daardie samehang eerdr na 'n oplossing. Daar word ook nooit genoem dat amper 'n miljoen Jode uit Arabiese lande verjaag is tydens etniese reinigingsoperasies tussen 1948 en 1970 nie.
Sy trek ook 'n vergelyking tussen Simson en die tegnieke van selfmoord bomaanvallers, wat heeltemal absurd is.
“Wat Lavon betref”
Die Lavon Voorval waarna sy verwys, was 'n tragedie en 'n fout vanaf Israel se kant. Ek verdedig dit nie, en Israel was nog 'n jong staat wat geveg het vir sy voortbestaan en oorlewing. Foute is gemaak en sal altyd gemaak word. 'n Nasie moet nie geoordeel word op sy foute nie, maar eerder hoe hy daarop reageer en wat hy doen om daardie foute in die toekoms te verhoed.
Wat die Lavon Voorval behels en hoe het die Joodse publiek in Israel daarteenoor gereageer: in 1954 het Israel se militêre intelligensie (Aman) 'n geheime operasie met die kodenaam Operasie Susannah geloods. Die doel was om klein bomme in Westerse instellings in Egipte – soos Amerikaanse biblioteke en Britse kantore, te plant. Die bedoeling was dan dat Islamiste of Egiptiese nasionaliste die skuld sou kry, om sodoende Egipte se verhouding met die Weste te benadeel.
Die operasie het misluk toe een van die agente se bomme voortydig ontplof het. Egiptiese owerhede het die netwerk ontbloot, en twee Egipties-Joodse spioene is tereggestel, en ander agente het langtermyn tronkstraf gekry. In Israel het dit tot 'n politieke krisis ontketen tussen die Minister van Verdediging Pinhas Lavon, wat enige betrokkenheid ontken het, en David Ben-Gurion, wat sy bedanking geëis het. Hierdie konflik het jare lank die Israeliese politiek oorheers.
Aanvanklik is die publiek in die duister gehou weens sensuur, maar toe die teregstellings plaasvind, het dit hartseer en simpatie ontlok. Die Joodse publiek in Israel het dit veroordeel. Hoewel die operasie self 'n ernstige fout was, wys dit eerder op foute deur 'n jong staat se intelligensiediens as op 'n sogenaamde “verraderlike karakter”. Israel het sy foute intern uitgepluis en uiteindelik herstel. Om die Lavon Voorval te verpak ter stawing van 'n argument teen die bestaan van Israel, is onbillik en vals. As die Lavon Voorval as maatstaf gebruik word vir die bestaansreg van enige land, dan sal daar geen land meer kan voortbestaan nie. Die teenoorgestelde is duidelik sigbaar: wanneer 'n Palestynse terroris Jode of Israeli’s doodmaak, word daar feesgevier.
“Onwaarhede oor die USS Liberty”
Daar word ook verwys na die USS Liberty, wat tydens die Sesdaagse Oorlog in 1967 deur Israel aangeval is. Ook weer word daar selektief aangehaal, asof Israel net sommer die USS Liberty aangeval het. Dink u regtig dat Israel so dom sou wees om 'n Amerikaanse skip aan te val? Hier is die waarheid:
Op 8 Junie 1967, tydens die hoogtepunt van die Sesdaagse Oorlog, het Israeliese vegvliegtuie en torpedobote per ongeluk die Amerikaanseintelligensieskip USS Liberty aangeval, wat in internasionale waters naby die Sinai-skiereiland gevaar het. Die aanval het 34 Amerikaanse matrose se lewens geëis en meer as 170 beseer. Israel het onmiddellik ná die aanval omverskoning gevra, en beweer dat die skip met 'n Egiptiese vaartuig verwar is – die voorval het plaasgevind te midde van 'n chaotiese oorlogstoneel waar elke vaartuig as 'n potensiële bedreiging beskou is. Vriendelike vuur gebeur in elke oorlog; baie soldate sterf en word beseer as gevolg daarvan.
Hoewel teorieë ontstaan het dat Israel die aanval doelbewus uitgevoer het, kon geen van die sewe ondersoeke deur Amerikaanse owerhede of Israel self enige bewys van sulke voorneme vind nie. Beide Israel en die VSA het die voorval as 'n tragiese misverstand geag. Israel het later miljoene dollars in skadevergoeding aan die VSA en die slagoffers se families betaal (omtrent $13 miljoen), en die insident is in Israel self sterk bevraagteken en ondersoek.
Daar word beweer dat Turkïye die Amerikaanse matrose kom red
het, 'n bewering wat volkome uit die lug gegryp is. Daar is geen enkele geloofwaardige bron, regeringsverslag of militêre argief wat enige Turkse betrokkenheid by die redding van die USS Liberty-bemanning bevestig nie. Alle noodhulp is deur die Amerikaanse vloot self verskaf, met skepe soos die USS Davis wat later op die toneel aangekom het.
Om die Liberty-insident as 'n bewys van Israeliese verraad aan te haal, of om valse verhale van “Turkse heldhaftigheid” in te weef, is nie net geskiedkundig oneerlik nie, maar verraai ook 'n gebrek aan respek vir die werklike slagoffers van hierdie tragiese gebeurtenis. In plaas daarvan om mitologieë te versprei, behoort ons by die feite te hou: Israel het 'n fout gemaak, dit erken, daarvoor betaal, en dit intern ernstig ondersoek – iets wat min lande so openlik sou doen.
Daar is geen bewyse dat Jonathan Pollard enige geheime aan Rusland verkoop het nie. Dit is n klassieke voorbeeld waar 'n waarheid aangehaal en dan 'n leun net daarna bygelas word. Pollard het vir Israel op die VSA gespioeneer, maar hy het nie geheime aan Rusland verkoop nie.
Net so word daar verwys na die sogenaamde Numec-voorval, waar groot hoeveelhede verrykte uraan in die 1960’s uit 'n Amerikaanse kernaanleg verdwyn het. Hoewel sommige intelligensiebronne destyds vermoed het dat Israel betrokke kon wees, het geen ondersoek ooit afdoende bewyse opgelewer of amptelike beskuldigings gemaak nie. Dit bly 'n raaisel, en daar is nie 'n gevestigde feit daaroor nie. Ross verkondig dit asof dit bevestig is dat Israel dit gedoen het.
“Apartheidsvergelykings bly misplaas”
Sy trek ook gerieflik die vergelyking met Suid-Afrikaanse Apartheid en noem as voorbeeld dat daar paaie is wat vir Palestyne gereserveer word. Sy vergeet gerieflik om te noem dat die paaie in Gebied A is, en dat die Israelis nie eers daar mag kom nie, ingevolge internasionale bedinging. Indien enigsins, is daar “apartheid” teen die Israeli’s en nie die Palestyne nie. Die Oslo Akkoorde vervat die beperkings rondom Gebiede A, B en C in Judea-Samaria (die Wesbank). Die mure en kontrolepunte is opgestel vir sekuriteitsdoeleindes, nie as gevolg van apartheidsbeleid nie. Daar is soveel bewyse wat die aantygings oor apartheid tot niet maak. Daar is 2 miljoen Arabiere wat Israeliese burgers is en dieselfde vryheid en menseregte geniet as die Joodse burgers van Israel.
Die aantyging dat kinders onder die militêre reg verhoor word is waar, maar daar word nie genoem wat hierdie kinders gedoen het nie. Die betrokke kinders is tussen die tussen die ouderdomme van 12 en 17. Kinders vanaf 12 jaar word aangehits om dade van terrorisme te pleeg, deur voertuie met klippe te gooi of Jode met messe te steek. Ouderdom speel 'n sekondêre rol as die daad waarvoor 'n kind gevonnis word, in ag geneem word. Om te noem dat die misdadigers kinders is, is net om die leser se gevoelens te manipuleer.
Lees gerus wat Hassan (15) en Ahmad Manasra (13), Hadeel Wajih Awwad (14) en Norhan Awwad (16) gedoen het: hulle het onskuldige mense met skêre aangeval in die Mahane Yehuda-mark. Human Rights Watch het ook gerapporteer dat minstens 10 bekende selfmoordbomdraers onder die ouderdom van 18 was.
Oor Anthony Loewenstein se dokumentasie, is dit waar dat Israel wapens gebruik teen die Palestyne om hulself te verdedig, maar Israel skep nie konflik om hul wapens te toets en dan te verkoop nie. Israel bevind homself konstant in oorlog, daarom is hulle wapens “battle tested”. Kom ek sit sy werk in konteks: dit is 'n joernalistieke werk, nie 'n akademiese studie of regsdokument nie. Antony Loewenstein is bekend vir sy uitgesproke anti-Zionistiese sienings. Die boek stel voor dat Israel die Palestyne onderdruk om sekuriteits- en wapenstelsels as “battle-tested” te verkoop. Dit gebruik hoofsaaklik anekdotiese voorbeelde, ideologiese taal en sekondêre bronne. Loewenstein self is gekant teen die bestaan van Israel as 'n Joodse staat, wat duidelik deurskemer in sy werk. Weereens het ons hier 'n klassieke voorbeeld waar aantygings gemaak word deur 'n feit te noem en dan 'n leuen by te las.
“Antisemitiese regverdigingspogings”
Ross maak 'n verdere stelling dat “[d]ie pogroms teen Ashkenazi Jode darem nie uit niks ontstaan nie”. Haar bewering is omdat Genrikh Yagoda, 'n Joodse NKVD-beampte onder Josef Stalin van 1934-16, 'n sentrale rolspeler was in die Sowjette se Groot Suiwering en die uitbreiding van die Gulag-stelsel, was volksmoord teen die res van die Joodse bevolking in die Sowjet Unie geregverdig. Stalin was nie eers 'n Rus nie, hy was van Georgië. As haar logika volvoer word, dan moes daar mos 'n geregverdigde pogrom teen Georgiërs gewees het. Om Genrikh Yagoda uit te beeld as 'n uitsonderbare sleutelfiguur in beide kerkvernietiging en die Holodomor-hongersnood is onakkuraat en geskiedkundig foutief. Om enige pogrom teen die Jode te regverdig is bloot antisemities.
Verder voer sy die argument dat Israel se bestaan net oor Joodse veiligheid gaan, en dat Jode op sterkte daarvan maar netsowel in Uganda en Ohio kan gaan bly. Aldus Ross het Israel niks met Jode te doen nie, en is Israel nie vir hulle belangrik nie. Jerusalem word 669 keer in die Ou Testament genoem, en daar is 170–200 uit 'n totaal van 613 wette in die Joodse Torah wat handel oor die land van Israel. Wanneer argeoloë in die land Israel grawe, ontdek hulle lank reeds artefakte wat daarop dui dat die land aan die Jode behoort het.
Israel is baie belangrik vir Jode, en hulle bestaan is onlosmaaklik aan die land gekoppel. Dit is so goed jy verwag van die Afrikaners om in Uganda te gaan woon.
Die Jode in Duitsland het wel Jiddisj gepraat, maar hulle het die Torah drie keer per week en een keer op die Sabbat in Hebreeus gelees, en hulle het twee keer per dag in Hebreeus gebid. Hulle eeue-oue tradisies is van geslag tot geslag in Hebreeus oorgedra. Die feit dat hulle vanne verander het sodat hulle kon inpas in die land waar hulle hulself bevind het, is geen rede dat hulle nie 'n konneksie met die land van Israel het nie. Vanne was in elke geval iets wat eers in die Middeleeue 'n normale praktyk begin word het, en was ook nie in die Bybelse tyd in gebruik nie.
Ter afsluiting, moenie dat mense soos Marthie Momberg en Elma Ross julle in Afrikaans kom mislei nie. Soek na die waarheid en wees waaksaam teen antisemitisme wat verpak word in mooi woorde, met halwe en verdraaide waarhede.
Nog artikels op OntLaer:
SOSIALE MEDIA
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
INTEKEN OPSIES:
Wil jy stukke soos die direk in jou inboks ontvang – weekliks of daagliks – en terselfdertyd ons werk ondersteun? Kies hieronder jou voorkeur.
Shaw, S.J., 2016. The jews of the Ottoman Empire and the Turkish Republic. Springer.
Cohen, A., 1984. Jewish life under Islam: Jerusalem in the sixteenth century. Harvard University Press.
Bladsy 8 uit Loewenstein se boek, THE PALESTINE LABORATORY.
Israelis admired as a nation that stands on its own and is unashamed in using extreme force to maintain it." Andrew Feinstein is a global expert on the fIlicit arms industry. He's a former South African politician, journalist, and author. He told me about attending the Paris Air Show in 2009, the world's largest aerospace industry and air show exhibition. In a pop-up luxury hotel, he sav Elbit Systems) Israel's biggest defense company, advertising its equipment to an elite audience of global buyers.
Elbit was showing a promotional video about killer drones. which have been used in Israel's wars against Gaza and over the West Bank.
The footage had been filmed a few months before and showed the reconnaissance of Palestinians in the occupied territories. A target was assassinated. During the video, Feinstein said, "There was a bevy of very attractive young women, one of whom was kneeling next to the people with the best seats in the front row which had obviously been reserved for them. These were the generals and the procurement officers. I managed to get myself a seat just behind one of these generals and listened to what was being told to them. There was a delight in how the young woman was explaining it all to him."
Months later, Feinstein investigated the drone strike and discovered that the incident featured in the video had killed a number of innocent Palestinians, including children. This salient fact wasn't featured at the Paris Air Show. "This was my introduction to the Israeli arms industry and the way it markets itself," he said. "No other arms-producing country would dare show actual footage like that."
Feinstein said it was inconceivable that Lockheed Martin oF
BAE Systems, two other major defense contractors with tentacles in global wars, would show to buyers "actual footage of bombing innocent civilians in Yemen or a drone strike anywhere
^
1. Wessels vergeet dat Kessler in PALESTINE 1936 aandui hoe vreedsaam die Palestynse Christene, Palestynse Jode en Palestynse Moslems met mekaar saamgelewe het.
Skermutselinge was klein-500 huise? Versus 500 dorpe met die NAKBA, bv.
2. Inkommer Jode is bevoordeel met die toekenning van konsessies, teenoor Arabiere.
3. Die NAKBA aanslag het begin met DEIR YASSIN, nog vóór staatswording.
4. Israelis het bomme in sinagoges gegooi om Jode te motiveer om te trek. Duisende woon nog lekker in Iran.
5. Loewenstein het die Walkley Book Award gewen, en sy bronne kan geverifieer word. Israel toets wapens op Palestyne.
6. Baie Afrikaners woon die wěreldoor. WAT IS FOUT MET UGANDA?!?
7. Die Israelis kan baie lieg. Onthou die “afkop babas”.
8. Verskeie bronne in universiteitsbiblioteke is beskikbaar oor Israel se votes van APARTHEID.
Moet dit na fiksie skuif?